JOU DAG

Benader probleme op ’n bedagsame en sensitiewe wyse.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is intuïtief en diplomaties. Onthou: Julie en Augustus is die beste maande om met ’n romanse te begin, ’n huweliksaanbod te maak, te trou of jou troubeloftes te hernieu.

RAM, 21 Mrt.- 20 Apr.

Met baie beklemtoning van die planete se kant af ten opsigte van jou nadenkingsone, sal jy meer diepsinnig wees as gewoonlik. Dit is ook die ideale tyd om ’n probleem op te los wat nog altyd vir jou ’n raaisel was.

BUL, 21 Apr.-21Mei

Moenie ’n ongesellige Bul wees nie. Dit is hoog tyd om ’n slag ekstra liefde, sorg en toewyding aan jou plaaslike gemeenskap te gee. Hoe meer jy bydra tot groepondernemings, hoe meer ingesluit sal jy voel.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy is gretig om voort te gaan, maar maak seker dat jy die waarheid goed nagegaan het, veral ten opsigte van werk. En probeer jou bes om eers jou begroting te balanseer voor jy geld begin rondstrooi.

KREEF, 22 Jun-23 Jul.

Sommige Krewe voel ongeduldig. Dit voel asof jou daaglikse roetine teen ’n slakkepas beweeg, maar daar gebeur inderwaarheid heelwat agter die skerms. Neem dus jou tyd om na te speur wat werklik aan die gang is.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Druk jouself uit. Dit is tyd om hard te werk om jou kreatiwiteit te ontwikkel. Ruim tyd in om met jou innerlike muse te skakel terwyl jy skryf, toneelspeel, dans, teken, skilder, musiek maak of sing dat die biesies bewe.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Wat ’n probleem met jou maat of ’n familielid betref, moet jy proaktief wees ten einde ’n oplossing te vind. Maar jy moet dit op ’n subtiele en sensitiewe manier doen wat nie ’n opskudding sal veroorsaak nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Vertroetel jou met goeie kos en ’n prettige manier van oefen. Geliefdes is veeleisend; hoe meer buigsaam jy is, hoe aangenamer sal die dag wees. Kompromie is die sleutel tot sukses.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Mars en Mercurius help om kommunikasie met ander mense aan te moedig, dus is dit tyd om sake- en finansiële kontakte te maak. Jy het ’n strategiese Skerpioen-brein; maak seker jy gebruik dit.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.- 21 Des.

Met Mars en Saturnus wat albei deur jou teken beweeg, voel dit tans vir jou asof jou lewe stilstaan. Tydsberekening is van die uiterste belang terwyl jy die balans vind tussen dadelik optree en geduldig wees.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Mercurius, die intellek-planeet, beweeg deur jou buurtsone, dus kan jy heelwat leer by mense in jou plaaslike gemeenskap. Jou slagspreuk tans is: Dink wêreldwyd, doen plaaslik.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Venus besoek jou geldsone en dit beteken gewoonlik goeie nuus wat jou geldsake betref. Moet egter nie spandabelrig raak nie. Jy sal vind dat hoe meer respek jy teenoor geld het en dit spaar, hoe meer geld sal na jou kant toe vloei.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Met die son, Mercurius, Venus en Neptunus wat almal jou teken besoek, is jy tans volkome jy, terwyl die hele wêreld jou kreatiwiteit en meelewing kan aanskou.