JOU DAG

’n Positiewe houding kan tot ’n bevredigende dag lei.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n sterk persoonlikheid. In 2016 kan jy die wêreld buite jou huis verken – beide plaaslik en internasionaal.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Weerbarstige Ramme is bekend daarvoor dat hulle halsoorkop by situasies betrokke raak. Vat jou tyd wanneer jy belangrike besluite moet neem. Te veel haas vandag kan tot groot spyt môre lei.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die Bul is gewoonlik georganiseerd wat geld betref en dis ’n goeie ding, want onverwagte uitgawes is tans moontlik. As jy nie slim beplan nie, kan jy dalk te min geld hê.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jou lewe is tans ongelooflik besig. Jy kan maar hulp vra as jy dit nodig het. As jy jou behoeftes met entoesiasme oordra, sal ander jou graag bystaan.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Krewe kan ongelooflik selfgesentreerd wees, maar hoe meer jy op ander se behoeftes fokus, hoe beter sal die dag wees. Vat tyd af om te ontspan as jy geïrriteerd voel.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Kinders, vriende en geldsake sal jou op jou tone hou. As jy oor iets bekommerd is, sal dit help as jy vir ’n geliefde sê hoe jy voel. ’n Gedeelde probleem is ’n gehalveerde probleem.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Met Jupiter wat deur jou teken beweeg, is dit tyd om te skitter! Jou leuse is tans die woorde van die skrywer Emily Dickinson: “Vind vreugde in die lewe; bloot die gevoel om te lewe is al genotvol genoeg.”

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Die omstandighede is goed vir geldtransaksies terwyl Venus in jou kontantsone is. Maak seker jy benader geldsake versigtig, met ’n kop vir syfers en ’n oog vir besonderhede.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Maak die meeste van Venus wat nou in jou teken is. Dis die ideale tyd om jouself met ’n massering, gesigsbehandeling, nuwe klere of ’n sexy, nuwe haarstyl te bederf. Enkellopendes kan gemaklik voel om behoorlik te flankeer.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy het goeie sterre vir hersiening en navorsing en alles goed af te rond voor jy met nuwe projekte begin. Kyk mooi wat onder die blink oppervlak aangaan.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Kommunikasie word beklemtoon. Verwag ’n dag met baie oproepe, e-posse, selfoonboodskappe en outydse slakkepos. Hoe meer jy saam met oorsese kontakte netwerk, hoe suksesvoller sal jy wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Lei vandag met voorbeeld. Jy het die vermoë om ander positief te beïnvloed – veral by die werk. Lof en aanmoediging sal jou verder bring as konstante kritiek.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Alle soorte verhoudings is vandag in die kollig en jy sluit by ’n invloedryke internasionale kontak aan. Maak seker jy is goed voorbereid.