pisces-hg-w

JOU DAG

Jy kan ’n ernstige, ietwat stresvolle dag te wagte wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Ander mense is beïndruk deur jou pront en entoesiastiese karakter. September en Oktober is die beste maande vir liefde en romanse.

RAM, 21 Mrt – 20 Apr

Voel jy gefrustreerd? Jy het sekerlik ambisieuse planne vir die toekoms, maar Saturnus vereis dat jy eers jou tuiswerk deeglik doen. Met stadige bestendigheid gaan jy die Ram-wedren wen!

BUL, 21 Apr – 21 Mei

Hardkoppige Bul – as jy vandag te eng in jou weë is, gaan jy probleme optel en heelpad weerstand raakloop, veral van familie en vriende. Probeer dus jou bes om buigsaam te bly.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun

Ander mense let noukeurig op na wat jy doen; dus moet jy nog nie al jou kaarte wys nie. Hou ’n paar in jou mou sodat jy hulle regtig kan verras wanneer die tyd reg is.

KREEF, 22 Jun – 23 Jul

Jy gaan emosioneel leeggetap voel en waarskynlik oorreageer by die geringste uitlokking. Bly dus weg van sensitiewe onderwerpe en moenie druk plaas op ’n vriend of lid van die gesin wat gestres is nie.

LEEU, 24 Jul – 23 Aug

Die ernstige Saturnus druk sommige van jou natuurlike entoesiasme oor die volgende 24 uur in ’n blik. Geliefdes gaan ook dalk ekstra verantwoordelikhede na jou kant toe druk. Die beste manier om dit te hanteer? Met hope Leeu-liefde.

MAAGD, 24 Aug – 23 Sep

Selfs al het jy ’n sterk perfeksionistiese streep weg, moet jy die behoefte weerstaan om alte krities teenoor jouself en jou geliefde te wees. Jy wil ook graag ander mense help, maar maak eers seker dat hulle wel jou hulp verlang.

WEEGSKAAL, 24 Sep – 23 Okt

Probeer om vandag nie te hard met ander mense te werk nie, Weegskaal. Sit jy met ’n probleem wat jou pla? Nader ’n ouer en wyser vriend of familielid vir raad en ’n skouer om op te leun.

SKERPIOEN, 24 Okt – 22 Nov

Is jy bekommerd oor geldsake? Hoekom praat jy nie met ’n finansiële kenner oor jou probleme nie? Moenie jou kop onder die sand begrawe nie, Skerpioen. ’n Verantwoordelike en gedissiplineerde benadering kan dinge omswaai.

BOOGSKUTTER, 23 Nov – 21 Des

Verwag ’n superbesige dag met Saturnus wat jou werklading verhoog en die beskikbare tyd vir pret verminder. Aanvaar maar jou ekstra verantwoordelikhede met ’n sonnige Boogskutter-glimlag.

STEENBOK, 22 Des – 20 Jan

Pligsgetroue Steenbokke het ekstrahoë standaarde, veral vandag. Weerstaan die versoeking om puntenerig te wees en mense te kritiseer. Streef ook daarna om die halfvol glas raak te sien, eerder as die halfleë glas.

WATERDRAER, 21 Jan – 19 Feb

Jy het heelwat ambisieuse planne wat vandag deur knaende onsekerhede gedwarsboom kan word as jy jou geloof in jouself in twyfel trek. Moenie toelaat dat negatiewe selfpraatjies jou onderkry nie.

VISSE, 20 Feb – 20 Mrt

Pla werksbekommernisse jou? Met Saturnus in jou beroepsone kan jy vooruitgaan, maar jy sal gewillig moet wees om hard te werk. Moet dus nie die kans vir werklike vordering in jou beroep laat verbyglip nie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017