JOU DAG

Passie en kreatiwiteit vier hoogty, maar moenie oorhaastig wees nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n talent om ander mense te oorreed en beïnvloed. November en Desember is fantastiese maande vir liefde, romanse en intieme verhoudings.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Rooiwarm Ramme, vandag se maan/Mars-verbinding kan ’n resep wees vir moeilikheid, veral as jy jou impulsiewe sy toelaat om oor te neem. Bedaar en koel af voor jy kop verloor.

BUL 21 Apr.-21 Mei

As jy terugsit en ander mense toelaat om besluite te neem, gaan jy eenvoudig verlam en magteloos voel. Die maan en teruggaande Mars dwing jou om meer selfonderhoudend en geduldiger te wees wat verhoudings betref.

TWEELING 22 Mei- 21 Jun.

Alle soorte studie, navorsing en reis word bevoordeel terwyl jy hoog en laag soek na nuwe, bygewerkte inligting. Moenie net ou nuus herhaal nie; beplan om proaktief te wees om iets nuuts te leer.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Vandag se lewendige sterre bevoordeel voedsel en prettige tye saam met geliefdes. ’n Kind, tiener of vriend/in kan jou egter verras met woede-uitbarstings, onvoorspelbare buie of verstommende keuses.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Vertroetel verhoudings met mense wat jou toekomsverwagtings en -drome aanmoedig. Geldsake is onseker; streef daarna om finansieel onafhankliker te wees.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

As jy sê wat jy dink, kan jy ander mense onbedoeld aanstoot gee. Dink vandag mooi voor jy jou mond oopmaak. As jy twyfel, bly eenvoudig stil en loop aan.

WEEGSKAAL 24 Sept- 23 Okt.

Vandag se sterre bevoordeel impulsiewe inkopietogte en haastige finansiële besluite. Voor jy dus enigiets koop, moet jy gaan stilstaan en dink: “Het ek dit regtig nodig?” Beweeg aan as die antwoord nee is.

SKERPIOEN 24 Okt-22 Nov.

Die sterre is bevorderlik vir die stel van mikpunte en navolging van ambisieuse toekomsdrome. Omstandighede verander gedurig; pas jou planne gereeld aan.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy voel rusteloos en kommunikasie kan vandag skeefloop aangesien jy iemand se ware bedoeling verkeerd verstaan. Raak rustig voor jy belangrike besluite neem.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Hoe meer passie en doelgerigtheid jy aan jou drome en doelwitte vir die toekoms wy, hoe waarskynliker is dit dat jou drome bewaarheid sal word. Dit sal egter baie tyd en geduld verg voor dit vrug dra.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Weerstaan die drang om ’n ontwrigtende invloed by die werk te wees; probeer liewer slim en strategies wees. Jou uitlatings het ’n diepgaande invloed op ander, so kies jou woorde wys.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Neem jou tyd as jy vandag met skoonmense, opvoedingsaangeleenthede, reisbesonderhede of internasionale konneksies te doen kry en vermy die versoeking om vinnige gevolgtrekkings te maak.