aqua-hg-w

JOU DAG

Alles handel vandag oor kreatiwiteit, goedhartigheid en meelewing.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n ryk geestelike lewe, maar moet jou nie in 2017 te veel afsonder nie. Maak seker jy betrek jou geliefdes by jou drome en planne vir die toekoms.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Venus, Mars en Uranus beweeg deur jou teken. Dis tyd om slim en stylvol te wees terwyl jy jou breinkrag en natuurlike sjarme inspan; dit sal deure oopmaak.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dis ’n fantastiese dag om ’n gekoesterde droom met ’n spesiale geliefde te deel. Jy gaan ook baie simpatie hê met mense terwyl jy iemand bystaan. Enkellopendes, daar is liefde in die lug.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy moet die gevolge oorweeg van dit wat jy vandag kwytraak. As jy tyd afstaan om duidelik met ander mense te kommunikeer – en dan mooi luister na hul bekommernisse – sal jy die vrugte pluk.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Positiewe aspekte dui op ’n aangename dag. Aktiwiteite rakende kinders, vriende, stokperdjies, opleiding of reis word beklemtoon. Put dus die meeste uit die geleenthede wat na jou kant toe kom.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Oos wes, tuis bes, terwyl jy voor ’n stroom versoeke van geliefdes te staan kom. As jy geduldig en simpatiek is teenoor ’n emosionele gesinslid, gaan dié mens hul hart oopmaak en jou in die vertroue neem.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Weerstaan die drang om vandag ooroptimisties te wees, veral wat ’n intieme verhouding betref. Streef daarna om op kreatiewe, vriendelike en simpatieke maniere met geliefdes te kommunikeer.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Jy wil inkopies doen, kuier en die lewe geniet. Tog stel jy graag uit wanneer jy ’n belangrike besluit moet neem, veral wat geldsake betref, en mors jy op die kantlyn tyd.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die maan is in jou teken en dit sal jou sensitief help wees. ’n Geliefde kan jou woorde van wysheid en insig nodig hê. As jy na jou intuïsie luister, sal jy presies weet wat om te sê.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.21

Baie Boogskutters het ’n vreemde sesde sintuig. Dis tyd om jou instinkte te volg, veral wat familie en vriende betref. Hoe meer jy jou intuïsie gebruik, hoe suksesvoller gaan jy wees.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Moenie vandag eensaam wees nie. Gesamentlike ondernemings word bevoordeel terwyl jy idees aan ander oordra en julle saam iets spesiaals skep. Die mag van die groep is beslis aan jou kant.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Maak dubbel seker van alle inligting wat na jou kant toe kom, veral dié wat betrekking het op geldsake; anders kan Neptunus jou antennas deurmekaarmaak. Dit kan lei tot misverstande wat jou dag bederf.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Dis ’n goeie tyd om jou idees en verwagtings te deel met vriende en kollegas wat ver woon. Hoe meer jy jou gedagtes en gevoelens bespreek, hoe meer bevredigend gaan jou verhoudings wees.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017