JOU DAG

Dit is weer maansverduistering, die tyd wanneer emosies hoog loop en selfbeheersing laag is.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die komende jaar gaan een van dramatiese gebeure en insiggewende bewuswordings wees. Hoe dapperder en eerliker jy is, hoe beter sal die gevolge wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Onder die invloed van die maansverduistering lyk verhoudings by die werk besonder ingewikkeld, dus moet jy die behoefte weerstaan om oorhaastig iets te doen. As jy twyfel, laat jou intuïsie jou lei.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Dit is tyd om jou voortdurende betrokkenheid by ’n vriend, groep, klub of organisasie te herevalueer. Moet jy dalk meer toewyding toon of is dit tyd om vas te byt en hulle die rug toe te keer?

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy is in die openbare kollig, so maak seker dit is om die regte redes. Streef daarna om die balans tussen kreatiwiteit en organisasie reg te kry. En moenie jou huislike lewe in die proses afskeep nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy het inspirerende ambisies en groot verwagtings. Moet jou egter nie verbind tot toekomstige projekte tensy jy seker is dat jy die tyd en energie gaan hê om enduit met jou goeie bedoelings vol te hou nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Weerstaan die versoeking om op loop te sit met aankope of om inkopies as terapie te gebruik. Kry goedkoper maniere om jouself te vermaak! Wat gesamentlike finansies betref – het jy al die betrokke feite bymekaar?

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die maansverduistering gee energie aan vennootskappe en gesamentlike pogings, maar dit maak ook verhoudings meer verwarrend en ingewikkeld. Moet dus nie alles goedsmoeds aanvaar nie. Luister na dit wat geliefdes te sê het.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die maansverduistering beklemtoon gesondheid, dieet en oefening, asook emosionele en geestelike welsyn. Kwessies uit die verlede kan weer opduik en onopgeloste sake kan skielik dringend aandag verg.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Verwag ’n kreatiewe en chaotiese tyd, veral waar ouers, kinders, tieners of vriende betrokke is. Stel ’n lysie op van alles wat jy moet doen. Wees dan buigbaar genoeg om dit te verander en te verfyn soos wat die dag aanstap.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy maak dalk almal gek met jou ongeduldige, impulsiewe maniere – en die maansverduistering vererger dit net. Herlei liewer jou energie na professionele projekte en huishoudelike takies.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die maansverduistering verhoog jou energievlakke – en jou vasberadenheid om dinge af te handel. Dit is ook ’n uitstekende tyd om aanlyn met kollegas te kommunikeer of ’n nuwe strategie in die sosiale media te finaliseer.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Dit is nie ’n baie goeie tyd om aan jou kooplus uiting te gee of geld aan ander mense te leen nie. Jy gaan waarskynlik finansiële besluite neem wat gebaseer is op jou emosies – en hulle wissel kwaai onder die volmaan se strale.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy kan ’n wilde rit verwag met die maansverduistering wat jou teken ophelder. Jy kan wisselvallige buie en emosionele dramas verwag, maar daar is ook baie kreatiewe inspirasie en geestelike insig.

© Joanne Madeline Moore