Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore

JOU DAG

Dis ’n wonderlike dag om vir iemand spesiaals te sê hoe jy oor hulle voel.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is trots daarop dat jy regverdig en redelik is. Van Februarie tot April is dit die ideale tyd om verlief te raak, verloof te raak, te trou of jou huweliksbeloftes te hernu.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie jou invloed op ander by die werk of skool onderskat nie. Jy sal uit jou persoonlike krag kan put as jy jou verhoudings koester en die kommunikasiekanale oop hou.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die kreatiewe Bul is gereed om te skitter! Venus, Mars en Jupiter is almal in jou sone vir kreatiwiteit en skep goeie omstandighede vir selfuiting, werkverrigting, vermaak en kinderaktiwiteite.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jou motivering en fokus is vandag ongewoon goed, veral wat gesamentlike geldsake, ’n gesinskwessie of huishoudelike saak betref. Moenie die geleentheid laat verbygaan om vorentoe te beweeg nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Emosionele konneksies is vandag sterker met Pluto wat jou meer liefdevol teenoor geliefdes laat voel. Jy verkry dalk ook diepgaande sielkundige insig in jou motiverings wat voorheen verborge was.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die omstandighede is goed vir werk en geldsake en Mars en Pluto se ligging motiveer jou om met krag en passie vorentoe te beweeg. Intense fisieke oefening sal jou denke ook positief beïnvloed.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Mars en Pluto gee vandag jou selfvertroue ’n hupstoot en jy put uit jou persoonlike krag. Jy is baie gemotiveerd. Dis tyd vir die lewendige Maagd om hope magiese krag te vind.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jy sal dit geniet om met ’n groot verskeidenheid mense te gesels. Geleenthede duik op via konneksies in jou plaaslike gemeenskap, maar dit sal volgehoue pogings verg om hulle in langtermyn-suksesse te verander.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die verband tussen Mars en Pluto help jou om op diep gesprekke met ander te hê en jou oorredingskrag vermeerder. Jou woorde kan ’n verskil maak – kies hulle dus wys.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Dit sal nou makliker as ander tye wees om probleme met ander by die skool of kollegas op te los. Jy het meer takt as gewoonlik en ook die motivering om verhoudings na die volgende vlak te neem.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Vandag is ’n goeie dag vir pret saam met familie en vriende terwyl jou sosiale kant tot die hoogste versnelling oorskakel. Met Mars wat deur jou avontuursonoe beweeg, is jy reg om te eksperimenteer en te verken!

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Vermy dit om vandag kortpaaie te kies. ’n Gejaagde benadering beteken altyd jy moet dinge twee keer doen. Met ’n meer metodiese benadering sal jy heelwat uitrig en steeds tyd vir speel hê.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie uitstel nie! Met Venus, Mars en Jupiter almal in jou vennootskapsone is dit tyd om beheer te neem terwyl jy verhoudingsprobleme met baie passie en sensitiwiteit oplos.