JOU DAG
Die maan is in die Visse, wat kreatiewe, geestelike en humanitêre strewes begunstig.


AS JY VANDAG VERJAAR
Dis tyd om minder besluiteloos en meer ontspanne te wees. Oktober en November is die volmaakte maande vir liefde, romanse en sosialisering.


RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Ramme kan selfsugtig wees. Deur ander te help, sal jy die beste maak van die dag. Die Visse-maan help jou om minder op jouself en meer op die behoeftes van die mense om jou te fokus.


BUL, 21 Apr.-21 Mei
Mik daarna om die balans tussen individuele projekte en gesamentlike ondernemings te handhaaf. As jy jouself met eendersdenkende vriende vereenselwig, kan julle jul talente saamspan en ’n verskil maak.


TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Die maan is vandag in die Visse-teken. Jy kan heelwat leer uit hierdie sensitiewe teken, soos: ’n Bietjie minder gesels, ’n bietjie meer besinning; ’n bietjie minder bespiegeling, ’n bietjie meer meegevoel.


KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Jy kan dalk vandag oorweldig en emosioneel oorsensitief voel. Pas jou aan. As ander mense te veel van jou eis, moenie bang wees om perke te stel en nee te sê nie.


LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
As jy ’n probleem het wat jou kwel, moenie op rasionele denke staatmaak om jou te help nie. Dit is tyd om by jou intuïsie in te skakel, sodat jy toegang kan kry tot broodnodige innerlike wysheid.


MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Om toe te laat dat geldsake hul eie gang gaan, kan dalk aanloklik wees, maar jy moet liefs op die hoogte bly van jou geldsake. As jy verantwoordelik en spaarsamig bly, sal dit later vrugte afwerp.


WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Verbonde Weegskale: Hou kommunikasie aan die vloei met jou maat, en moenie hulle as vanselfsprekend aanvaar nie. Enkellopendes: Soek liefde by ’n gesellige Tweeling, ’n amoreuse Ram of ’n avontuurlike Waterdraer.


SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Die Visse-maan reis deur jou kreatiwiteit- en vriendskapsone, dus gaan dit moeilik wees om projekte en mense vas te pen. Hoe meer buigsaam jy is, hoe meer vordering sal jy maak.


BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Kan jy ’n probleem oplos wat lede van die gesin oorweldig? Hulle verwag jy gaan iets lewer, dus behoort jy kreatief te raak. Vir ’n paar gelukkige enkellopers word liefde en werk verbind.


STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Raak jy selfbehep? Miskien is dit tyd om op ander mense te fokus. Deur diegene in nood te help, tuis en ook in jou plaaslike gemeenskap, sal jou gees vandag versterk word.


WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 
Jy is ongeduldig om ’n finansiële ooreenkoms so gou moontlik aan die gang te kry, maar meer is by die situasie betrokke as wat dit lyk. Moenie iets teken voor die verwarring opgeklaar is nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Dit is nie ’n goeie tyd om geld aan ander mense te leen nie. As jy dit doen, kan jy ’n verwarrende lang wagtyd verwag voor jy dit terugkry. Dit is ’n goeie dag om aandag te skenk aan ’n kreatiewe of geestelike projek.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017