Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Die meeste dinge gaan stadiger gebeur omdat die maan rigtingloos is.

AS JY VANDAG VERJAAR

Februarie is die maand om by ’n vriendskapswebtuiste aan te sluit, verlief te raak, die jawoord te vra, te trou of jou huweliksbeloftes te hernu.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Vandag is nie die beste een om ’n ambisieuse plan of ’n opwindende nuwe projek aan te pak nie; dinge gaan effens talm en energievlakke gaan laag wees. Hang dus ’n bietjie aan, wees geduldig en wag jou tyd af.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Probeer om nie vandag belangrike boodskappe aanlyn te stuur nie, want die maan vertraag dinge ietwat in jou sosialemediasone. Gebruik dus jou tyd om na binne te kyk, eerder as om na buite uit te reik.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Die son en Saturnus moedig jou aan om hard te werk aan intieme vriendskappe en om verhoudingspligte met ’n glimlag na te kom. Enkellopendes: Soek langtermynliefde by iemand wat emosioneel volwasse is.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy voel dalk futloos en mismoedig; moenie tyd mors deur jou te bekommer nie. Gebruik liewer die tyd om jou pap batterye te herlaai. Dan kan jy môre verfris en vernuwe met jou lewe aangaan.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy voel dalk effens alleen of eensaam, want baie mense is nie eintlik besonder lus om te sosialiseer nie. Dit is dus die ideale dag om gehaltetyd saam met iemand spesiaals deur te bring: Jy self!

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Dit kan vandag lyk of ’n groepprojek of gekoesterde droom tot stilstand kom. Moenie stres en hiperventileer nie. Vat dit eerder rustiger en kyk weer na dit wat jy eintlik probeer bereik.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Dit gaan vandag lyk of aktiwiteite vertraag word. Jou energievlakke gaan ook laag bly. Moet dus nie enige groot projekte of take aanpak voor jy môre weer lewendiger voel nie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jou denkprosesse is vandag effens onrealisties; probeer vandag ’n belangrike besluit vermy wat jou toekomsdoelwitte betref. Wag tot jy weer helderder kan dink.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Alle soorte navorsing word vandag bevoordeel, want die planete stimuleer jou studiesone. Jy gaan ook kunsmatigheid ontwyk en dieper, emosionele kontak met ander mense verkies.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Is jou lewensbalans in ’n warboel? En is al jou moeite regtig nodig? Gebruik die krag van jou briljante brein om slimmer eerder as harder te werk.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

’n Vertroetelde doelwit of droom vereis baie meer beplanning as wat jy oorspronklik gedink het. Dis goed so. Konsentreer daarop om die proses te geniet, eerder as om net op die bestemming te fokus.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Vandag gaan ’n dagdroomsoort dag wees. Trek dus ’n kind, vriend of geliefde nader wat kan saamdroom. Soos Liza Minnelli, wat ook onder die teken van die Visse gebore is, gesê het: “Moenie na enigiemand luister wat nie kan droom nie.”

© Joanne Madeline Moore