JOU DAG

Streef daarna om op ’n georganiseerde manier kreatief en proaktief te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is invloedryk en dinamies, en uitdagings laat jou gedy, maar jy moet probeer om ’n bietjie meer diplomaties te wees. Oktober is die beste maand vir passie en romanse; dus moet jy dienooreenkomstig beplan.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Verveeldheid is veral sleg vir die rustelose Ram. Vandag se sterre moedig jou aan om ’n belangrike gesprek met ’n kind te voer, met ’n vriend(in) te gesels of met ’n kreatiewe nuwe stokperdjie te begin.

BUL, 21 Apr.- 21 Mei

Bulle is huislike skepsels; dus sal jy dit geniet om huishennetjie of selfdoenkoning te speel aangesien Venus en Mercurius albei jou tuissone besoek. Dit is ook hoog tyd dat jy ekstra diplomaties optree teenoor familielede.

TWEELING,22 Mei-23 Jun.

Die gespreksplaneeet Mercurius sluit in jou kommunikasiesone aan by die lewenslustige Venus. Jy is dus in die luim om te meng en rond te gaan, sosialiseer en in omloop te wees, te netwerk soos ’n professioneel en wonderlike nuwe kontakte te ontdek.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Mercurius beweeg deur jou geldsone; dus is dit die perfekte tyd om ’n lang gesprek met jou rekenmeester of finansiële beplanner te voer. Jy het nie een nie? Dan is dit hoog tyd dat jy een kry!

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die onnutsige Mercurius en die lewenslustige Venus skuif deur jou teken; dus is jy op jou beste terwyl jy die sinikusse bekoor en flankeer dat die byle huil. Sommige enkellopendes sal ewigdurende liefde aanlyn vind.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

“Ek wil alleen wees,” is vandag jou mantra, terwyl jy jou aan die bedrywigheid om jou onttrek en in jou binneste leiding en inspirasie soek. Gee ook aandag aan die ryk simboliek van jou drome.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Mercurius beweeg tans deur jou netwerksone; dus is dit die ideale tyd om aan groepsaktiwiteite deel te neem en ook om jou idees persoonlik en deur middel van die sosiale media aan die wêreld te verkondig.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Net omdat alles nie so vinnig gebeur soos jy graag sou wou hê nie, beteken nie dat jy nie vordering maak nie. Langsaam en bestendig wen tans die resies, Skerpioen – veral wat geldsake betref.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die sterre is tans wonderlik vir alle vorme van reis, avontuur, opvoeding en internasionale verbindings. Let dus fyner op na dit wat in die groot, wye wêreld anderkant jou deur gebeur.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Alle soorte studie en navorsing word oor die volgende paar weke bevoordeel. Dit sal vir jou moontlik wees om teen ’n vinniger pas te werk as gewoonlik; dus moet jy nie die kans verspil om jou moue op te rol, in te spring en berge te versit nie.

WATERDRAER, Jan 21-Feb 19

Kommunikasie is oor die volgende twee weke die sleutel tot suksesvolle verhoudings aangesien jy fyn luister en dienooreenkomstig reageer. As ander mense jou mening vra, is diplomasie die beste beleid.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Mercurius en Venus moedig jou aan om gerief, gesprekvoering en skoonheid by jou daaglikse roetine te voeg. Heerlike kos, vars blomme en stimulerende geselskap is ’n goeie vertrekpunt.