JOU DAG

Daar is ? fyn onderskeiding tussen proaktief en impulsief wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is dol daaroor om op die laaste oomblik in te spring en die situasie te red! Probeer meer buigsaam wees wat werkkeuses in 2016 betref. Daar is ’n klomp kreatiewe paaie wat jy kan volg.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy sal uitvind dat daar min verskil is tussen vurige debatte en volskaalse rusies. Hou die gesprekke lig en lewendig en vermy sensitiewe onderwerpe, veral by die werk!

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Wat werk betref – of werk soek – is studeer, heropleiding, jou kwalifikasies opgradeer of ’n nuwe vaardigheid aanleer die beste raad. Loopbaangewys geld die gesegde “die môrestond het goud in die mond” beslis in 2016!

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jou los tong kan jou vandag in die moeilikheid laat beland, Tweeling, veral as jy skinderstories versprei. Moenie dit oordoen nie; as jy onbevestigde nuus versprei, kan jy moeilikheid verwag.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Wees versigtig oor wat jy aan ’n familielid of ’n kollega by die werk oorvertel. Jy kan te veel uitlap of beloftes doen wat jy nie kan nakom nie. Met ’n bietjie diskresie gaan jy ’n lekker dag hê.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Probeer om nie vandag ’n luidrugtige Leeu te wees nie, en moenie alles wat jy hoor vir soetkoek opvreet nie, veral by die werk. As jy mooi dink voor jy iets sê, sal dit jou ’n dag vol dramas spaar.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Moenie ’n berge van ’n molshoop maak nie, veral nie waar kinders of vriende betrokke is nie. Deur middel van n ruim perspektief en die handhawing van ’n mooi gesindheid, sal jy werklik doelwitte begin bereik.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Gee en gee jy net en ander mense vat net? As jy toelaat dat mense oor jou loop, is dit presies wat hulle gaan doen. Stel jou persoonlike perke vas, Weegskaal, en hou daarby.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Haai, Skerpioen – jy is lus vir praat, SMS, twiet, toer of studeer. Pasop net op wat jy sê. Oorhaastige woorde kan later lei tot spyt; probeer dus baie meer diplomaties wees.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die klem val duidelik op geldsake. Streef daarna om die balans te handhaaf tussen geleenthede aangryp wat opduik, en om ’n verstandige finansiële kop op jou skouers te hou.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy kan ongeduldig raak met iemand se gebrek aan ondernemingsgees, maar vandag is nie die dag om knoppies te druk nie. Spits jou aandag toe op positiewe mense en konsentreer op slim oplossings.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Moenie meegevoer raak en projekte opdis voor jy die raamwerk uitgelê het nie. Dit is ’n wonderlike dag om te mediteer en planne te beraam, of oefen jou verstand deur iets nuuts aan te leer.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Wat werk betref, maak veranderings wat jou toelaat om meer skeppend en gefokus te wees. Miskien kan jy jou werkroetine verander of ’n wonderlike nuwe projek uitdink?