JOU DAG

Vandag se positiewe sterre is gunstig vir kreatiwiteit en proaktiewe optrede.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie georganiseerd en vol dryfkrag. 2016 is die jaar om meer avontuurlustig te raak, en moenie vergeet om terselfdertyd hope pret te hê nie!

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Swerwende Ramme is vandag ywerig vir volop aksie en avontuur. Maar jou rustelose bui kan konsternasie veroorsaak vir ’n uitgeputte geliefde wat dalk nie jou meedoënlose pas gaan waardeer nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy is gretig om andere vandag te help terwyl jy baie simpatiek en vol meegevoel vir die mense in nood is. Kunstige Bulle sal ook ’n oorvloed van kreatiewe idees ervaar, wat hulle dan in die praktyk kan toepas.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy het baie idees, maar onthou dat jy ander mense se samewerking kort om hulle uit te voer. En jy sal geweldig geduldig moet wees, aangesien sommige projekte teen ’n slakkepas voortkruie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Met Venus wat jou beroepsone besoek, sal menige Kreef voordeel trek uit geskenke, salarisverhogings, bonusse, bevordering, nuwe werk, beter werksomstandighede of ’n totale vernuwing van werkruimte.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die Leeu-Maan/Mars/Venus-samevoeging beloof ’n goeie dag terwyl jy sosialiseer met intieme vriende en wyd en syd aanlyn kontak maak met kennisse. Daar is altyd iets nuuts om te leer!

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Sit jy met ’n voortslepende gesinsprobleem wat jou pla, Maagd? Mars en Saturnus moedig jou aan om proaktief deur sulke probleme te werk, met volop geduld en liefde.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Venus en die Maan liefkoos mekaar; dus sal verhoudings met die skoner geslag besonder aangenaam wees. Enkellopend? ’n Familielid of buurman kan dalk jou lewensmaat aan jou voorstel.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jaag iemand jou aan om ’n besluit te neem waaroor jy ongemaklik voel? Wees geduldig, kry selfvertroue en krag om by jou eie spesiale Skerpioen-agenda en -rooster te hou.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Boogskutters kan vreeslik ligsinnig raak. Die bestendige Saturnus beweeg nou deur jou teken, en dit sal help om jou vurige energie te stabiliseer, jou rustelose geaardheid te kalmeer en jou konsentrasievermoë te verbeter.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jou oorheersende planeet, Saturnus, gaan help om vandag ’n paar welkome drieë te druk, Steenbok. As jy jouself organiseer, hard werk – en leer om te delegeer en saam met ander te werk – sal jy ’n produktiewe dag hê.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Let op, Waterdraer! Vandag skuif die klem weg van jou af – vir ’n verandering – en nader aan ander beduidende mense in jou lewe. Dit is dus tyd om ekstra liefdevol en vrygewig teenoor die mense naaste aan jou te raak.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

As jy proaktief en hulpvaardig teenoor jou kollegas is – ’n netelige balans – sal jy ’n bevredigende dag hê. Ruim ook tyd in om jou verhouding met ’n spesiale, viervoetige vriend te koester.