JOU DAG

Hoe meer bedagsaam jy is, hoe beter gaan jou dag raak.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is versigtig en bedaard en moet tyd alleen deurbring. Streef oor die volgende 12 maande daarna om minder versigtig en meer avontuurlik te wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

As jy oorhaastige aannames oor mense maak, veral in intieme verhoudings, sal jy in die pekel beland. Probeer van ekstra energie ontslae raak deur sportaktiwiteite of buitelugavonture.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Verbonde Bulle – probeer jou bes om jou verhouding met ’n bedagsame, romantiese gebaar op te kikker. Enkellopendes – jy kan dalk liefde vind deur ’n familielid of getroude vriend wat iemand aan jou voorstel.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Interaksie met kinders of tieners gaan ontwrigtend wees, aangesien hulle hul onafhanklikheid laat geld. Venus moedig jou aan om meer van jou tyd en talente af te staan aan sake in jou plaaslike gemeenskap.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Met die gedissiplineerde Saturnus wat jou welsynsone besoek, moet jy ernstig raak oor jou gesondheid en fiksheid. Die tyd is reg vir selfvoldane Krewe om van die gemaklike rusbank af op te staan en aan die gang te kom.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Wat jy doen en sê gaan vandag fyn ontleed word deur ander mense; iets wat jou goed te pas kom. Jy gee nie om as ander mense jou toejuig of kritiseer nie – solank jy raakgesien word, is jy gelukkig.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die druk bou vandag op en dit kan dalk voel asof alles op jou druk. Die groot les wat jy moet leer is hoe om te delegeer. Niemand, selfs nie ’n superdoeltreffende Maagd, is onvervangbaar nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die ernstige Saturnus help om jou veelsydige gedagtes vandag te stabiliseer. Die tyd is geskik om ’n storm los te studeer of deur papierwerk te werk wat jy bly uitstel. Smee die yster terwyl dit warm is.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Baie Skerpioene gaan vandag sjarmant raak terwyl jy die mense om jou ekstra spesiaal laat voel. Moenie alles glo wat jy hoor nie, aangesien mense dalk dinge kan uitblaker wat hulle nie werklik bedoel nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy is in ’n vrygewige bui vandag, maar moenie meer belowe as wat jy werklik kan lewer nie. Goedkoop praatjies help nie. Maak seker jy kan jou beloftes enduit uitvoer en voeg die daad by die woord.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

As jy tot vinnige gevolgtrekkings kom of aannames maak, kan jy jou dalk in ’n verwarrende of konfronterende situasie bevind. Dink eers alles goed deur voor jy groot beloftes begin maak.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Waar ’n ingewikkelde groepsituasie betrokke is, moet jy jou tyd reg gebruik: praat min en wees ’n fyn waarnemer. Deurdink alles behoorlik voor jy enige langtermynbeloftes maak.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Baie Visse is denkers. Wat ’n professionele geleentheid betref, moet jy nie te lank daarop sit en broei nie. ’n Verandering kan dalk verrassend goed uitwerk. Trap versigtig met ’n sensitiewe vriend.

© Joanne Madeline Moore