JOU DAG

Familieverantwoordelikhede sal die grootste deel van jou dag in beslag neem.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is gebore op die sterretekens se Dag van die Oortuigende Storieverteller. Die volgende 12 maande is die tyd om kreatief te raak, en ’n paar van daardie stories op skrif vas te lê.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Dit is ’n goeie dag vir sport, kreatiewe idees formuleer, kuier saam met familie of vriende of om jou stokperdjie te beoefen. Weerstaan tog net die drang om ’n baasspelerige, kortaf of oorkritiese Ram te wees.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Wat ’n probleem tuis of by die werk betref, kan jy verdeeld voel tussen wat jy dink en wat jy voel. Moet dus nie vandag enige langtermynbesluite neem nie, Bul.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy is in die bui om uit help in jou plaaslike gemeenskap. Maar neem jy jou verhoudingsverantwoordelikhede ernstig op? Sommige Tweelinge sal’n ou liefde aanlyn opsoek.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Verhoudings met geliefdes of kollegas kan vandag problematies raak, Kreef, aangesien jy die behoefte het om beheer te kry oor ’n onbeheerbare situasie. Wees meer objektief en moet jou nie alles so aantrek nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Formuleer vandag jou idees versigtig en kreatief aangesien jy die mag het om mense te beïnvloed. Wat ’n kind, tiener of intieme vriend betref, hu jou uit enige rusies uit.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Het jy heelwat werk agter die skerms gedoen, maar geen terugvoer of lof gekry nie? Mense sal binnekort jou pogings begin waardeer. Jy sal net uiters geduldig moet wees.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Rustige Weegskaal – vandag sal dalk van jou verwag word om onstuimige waters te trotseer waar ’n familielid of intieme vriend betrokke is. Spanning bou op; pobeer dus jou bes om ’n potensieel moeilike situasie te ontlont.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jou selfdunk kan dalk vandag ’n tydelike laagtepunt bereik, terwyl jy jou eie talente bevraagteken. Moenie stres nie, Skerpioen. Hoe meer openlik jy jou idees oordra, hoe beter sal die uitkoms wees.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Liefde en verpligtinge gaan tans hand aan hand. Aanvaar dus wat jy moet doen met ’n glimlag. Rig jou gedagtes op voorlê, pleks van te tob oor probleme en kwessies uit die verlede.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Vertraag vandag die neem van ’n belangrike besluit aangesien jy konflik kan teëkom tussen intuïsie en intellek; hart en verstand. Sit ook tyd opsy vir rus en ontspanning, anders gaan jou stresvlakke styg.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Intieme emosionele kontak gaan vandag skaars wees aangesien mense op hul eie probleme fokus. Strewe dus daarna om jou eie ding te doen, op jou eie, hoogs individuele Waterdraer-manier.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Mense waardeer vandag jou kunstige geaardheid, maar jy moet daarna streef om kreatief en produktief te wees. Puik idees beteken niks as jy hulle nie in die praktyk toepas nie. Kom dus aan die gang!

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017