aries-hg-w

JOU DAG

Verwag die onverwagte!

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy floreer op in beheer wees. Probeer vanjaar meer sosiaal verkeer terwyl jy jou talente gebruik om ’n verskil te maak.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Vandag is daar ’n neiging om rond te hardloop en oorhaastige besluite te neem wat dalk verkeerde gevolge kan hê. Probeer slim en spontaan te wees; eerder as impulsief en geneig tot ongelukke.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Moenie in ’n groef te beland en negatiewe gedragspatrone herhaal nie. Vandag se sterre moedig jou aan om jou verbeelding te gebruik en met briljante oplossings vorendag te kom vir hardnekkige, ou probleme.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Ja sal dalk vandag moet inspring en ’n blitsbesluit moet neem, so wees wakker. Jou betrokkenheid by ’n groep, klub of organisasie lyk onseker, want die doelwitte verander heeltyd.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Krewe stel gewoonlik vir hulself baie veilige en verstandige doelwitte. Vandag se sterre moedig jou aan om iets buite jou gemaksone te gaan verken terwyl jy jouself persoonlik en professioneel uitdaag.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

As jy rusteloos voel, breek weg van jou gewone daaglikse roetine. As jy iets wilds en avontuurliks aanpak en die adrenalien laat pomp, gaan jy verfris en vuur en vlam voel.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Jy kan môre spyt wees oor impulsiewe finansiële besluite vandag. Los belangrike besluite oor jou geldsake dus eerder tot wanneer dinge rustiger is.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Steek jou liefdeslewe in outomatiese modus vas? Vandag moedig Uranus jou aan om die spinnerakke weg te blaas en dinge uit ’n vars hoek te beskou. Enkellopendes kan verlief raak op iemand in wie hulle nie normaalweg sou belangstel nie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy sal baie uitgerig kry as jy ophou om goed op die nippertjie te onderbreek of verander. Jy kan selfs hope pret hê. Oefening in die buitelug is noodsaaklik.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Gee ’n kind, tiener of vriend die vryheid om hom/haar uit te druk. Jy wil jou gevoelens oordra, maar maak seker jou geesdrif oorweldig ander nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Vermy die versoeking om goed net soos gewoonlik aan te pak. Jy sal ’n ekstra huppel in jou stap kry as jy jou huishoudelike roetine afstof deur byvoorbeeld spontaan te gaan uiteet.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Opvoeding en reis word bevoordeel terwyl jy soos ’n spons nuwe idees opsuig. Jy is ook in ’n bui vir spoed, wat jou risiko vir ongelukke groter as gewoonlik maak. Raak rustiger voor jy dalk hard val.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie vandag enige belangrike finansiële verbintenisse aanknoop nie, want jy gaan waarskynlik later weer van plan verander. Jou finansies is in ’n oorgangsfase; wees buigbaar en gaan verstandig te werk met jou begroting.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.