JOU DAG

Mars is nou in die Weegskaal-teken en die omstandighede is dus goed om proaktief oor vennootskappe te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou motto vir die jaar wat voorlê is die Skotse skrywer Robert Louis Stevenson, wie se verjaardag vandag is, se woorde: “Moenie elke dag beoordeel op grond van die oes wat jy insamel nie, maar beoordeel dit deur die saad wat jy saai.”

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Mars, jou heersende planeet, is nou in die Weegskaal-teken. Die volgende sewe weke is jou daaglikse mantra die Skotse skrywer Robert Louis Stevenson, wat vandag verjaar, se woorde: “Kompromie is die beste en goedkoopste prokureur.”

BUL 21 Apr.-21 Mei

Met Venus en Mars albei in jou welstandsone moet jy proaktief wees om ’n fiksheidsroetine te vind wat jou gemotiveerd hou. Kies gesonde kos waarvan jy hou.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Magtige Mars beweeg deur jou sone vir selfuitdrukking. As jy jou energie in kreatiewe aktiwiteite kanaliseer, is die waarskynlikheid kleiner dat jy gejaagd en rusteloos sal voel.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Met Venus en Mars albei in jou sone vir huishoudelike sake, moet jy daarna streef om meer proaktief en diplomaties oor ’n huidige gesinsprobleem te wees. Dis ’n interessante balanseertoertjie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Dinamiese Mars is tot 3 Januarie in jou kommunikasiesone. Jy is dus vol selfvertroue en optimisties. Moenie onbevestigde inligting deel of haastig tot gevolgtrekkings kom nie.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Hoe meer aandag jy aan jou geldsake gee hoe beter sal dit lyk. Moenie kitsresultate verwag nie. As jy nou jou kontant en skuld versigtig bestuur, sal dit tot geldelike sekuriteit in die toekoms lei.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Met Mars wat tot 3 Januarie deur jou teken beweeg is dit tyd om dapper te wees. Selfvertroue is in en selfvoldaanheid is uit. Jy soek wat jy wil hê met passie en woema.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Haal jou voet van die pedaal af en vat dit stadiger! Met Venus en Mars in jou sone vir afsondering moet jy dit ’n prioriteit maak om alleentyd te geniet, te ontspan en nuwe krag te kry.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Met Venus en Mars albei in jou portuurgroepsone is jou motto die Skotse skrywer Robert Louis Stevenson, wie se verjaardag dit vandag is, se woorde: “ ’n Vriend is ’n geskenk wat jy vir jouself gee.”

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Sit jou beste, professionele gesig op, want ander neem kennis van ’n meer bemagtigde jy. Die omstandighede is goed vir kuier en netwerk, maar moenie geliefdes in die proses afskeep nie.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Avontuur roep! Met Venus en Mars albei in jou reissone moet jy alles in die stryd werp om ’n hemelse vakansie te bespreek. Iewers in die boendoes sal ideaal wees.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Die maan en Neptunus is in stryd met mekaar. Wees dus versigtig met hoe jy vandag met geliefdes praat. Verwarring is in die lug. As jy twyfel, bly liewer stil!