Hier is wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore.

JOU DAG

Vandag bevoordeel die sterre noukeurige navorsing en deeglike ondersoekwerk.

AS JY VANDAG VERJAAR

Ander mense bewonder jou lawwigheid en goeie woordkeuses. Augustus is die beste maand om by ’n aanlyn vriendskapsklub aan te sluit, verlief te raak, die jawoord te vra of jou troubeloftes te hersien.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Vandag is dit moeilik om ander mense te verstaan, Ramme, aangesien Mercurius en Mars in hul terugkerende baan is. Streef dus daarna om geduldig en diplomaties te wees – veral met ’n familielid wat gedaan is.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Vandag sal jy glad nie ligsinnig of onbesonne voel nie, Bul. Die sterre is gunstig om ernstige sake te bespreek terwyl jy ’n huidige onderwerp navors of ’n ingewikkelde situasie uit die verlede probeer ontrafel.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Wanneer jy vandag met ander mense te doen het, Tweeling, moet jy jou tyd neem en fyn luister na wat hulle te sê het, anders gaan jy verkeerde gevolgtrekkings maak en met ’n morsige misverstand sit.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

’n Intieme verhouding het die potensiaal om vandag tot ’n dieper vlak oor te gaan, Kreef, soos wat jy meer intiem en persoonlik raak en ’n huidige delikate situasie op ’n innemende, ernstige en sensitiewe manier bespreek.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die werkplek is tans ietwat van ’n mynveld, soos wat kollegas meer bekommerd raak oor gedurige veranderings. Jy sal sien hoe deegliker en geduldiger jy is, hoe beter sal die resultate wees.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dit is die ideale dag om ’n ingewikkelde onderwerp na te vors met ekstra Maagdelike krag en energie. Jy sal inligting raakloop wat ander, minder oplettendes telkens miskyk! Streef ook daarna om jou rande selfs verder te rek.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Weegskale is gek oor prag en persoonlike verfraaiing. Vandag moet jy egter kyk na wat jou van binne af aanspoor wat jou selfbeeld en waardes betref– en om jou innerlike skoonheid te waardeer.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Verbonde Skerpioene, hoe meer julle saam met jul maat is, hoe gladder gaan die dag verloop. Enkellopendes, voorkoms kan misleidend wees. Soek ’n betroubare minnaar met wie jy kan kommunikeer.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Weerhou iemand belangrike inligting van jou? As jy die gesprek aan die gang kan kry, sal jy verras wees oor wat die mens jou eindelik meedeel. Moet egter nie spandabel begin raak met geld en krediet nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Vandag se sterre is perfek vir romanse, kinders, vriendskappe, stokperdjies, opvoeding, publikasie en reis. Maar, met Mercurius steeds in trurat, sal jy ekstra geduldig moet wees.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

As jy nou saamwerk met kollegas, sal jou dag produktief eindig. Tans werkloos? Pleks van oor die toekoms stres, soek êrens vandag ’n tydjie om te herbesin en te herlaai.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Dit is ’n goeie dag om met ander te kommunikeer via die sosiale media – op een voorwaarde, Visse: Julle moet enige idees wat julle op sosiale media plaas, eers deeglik navors. Dan sal jul woorde heelwat meer impak maak.