JOU DAG

Kreatiwiteit en meelewendheid kom vandag in die soeklig.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jupiter bring vanjaar seëninge wat studie en werk betref. Moet net nie te hard probeer om beheer oor alles oor te neem nie. Soms moet jy opsy staan en net toelaat dat wonderwerke gebeur.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Met die Son, Mercurius en Pluto wat almal deur jou reputasiesone beur, wil jy ander graag beïndruk. Moet net nie meegevoer raak en meer belowe as wat jy kan lewer nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Mercurius aktiveer nou jou avontuursone. Die tyd is dus perfek vir studie, reis, ontdek en eksperimenteer terwyl jy toelaat dat internasionale vriende en vreemde kulture jou inspireer.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Waak daarteen om ou koeie uit die sloot te grawe waar geliefdes betrokke is wat vandag buitengewoon sensitief voel. Intieme verhoudings is soos ’n spieël: Hulle weerkaats dit wat jy dalk nie graag wil sien nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die kommunikasieplaneet, Mercurius, beweeg nog tot 7 Februarie deur jou verhoudingsone. Dit is dus nou tyd om hart oop te maak en werklik aan die praat te raak met geliefdes, nie net bolangs te klets nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Baie Leeus gaan vandag wil baasspeel terwyl julle probeer om ander so ver te kry om presies te doen wat julle wil hê. Is dit die regte optrede? Slim Katte sal daarna streef om vasbeslote hul gang te gaan en sê te sê, sonder om op enigeen se tone te trap.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dis goed en wel om jou doelwitte en ideale neer te skryf. Lê tog net gesonde oordeel aan die dag wat ’n portuurgroep betref. Moenie tyd verspil aan mooiweersvriende wat jou drome ondermyn nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jou diplomatiese Weegskaal-eienskappe gaan vandag beproef word as iemand verwarring veroorsaak of net gewoonweg irriterend raak. Doen jou bes om onstuimige waters te kalmeer en fronsende wenkbroue uit te stryk.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die tyd is geleë vir alle soorte kommunikasie en sosiale media. Mercurius moedig jou aan om met uiteenlopende mense op verskeie stimulerende maniere kontak te maak.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Vriende en geldsake moet vandag verkieslik van mekaar geskei bly. Ondersoek ook jou persoonlike en werkverhoudings. Aanvaar verantwoordelikheid vir die rol wat jy speel in enige voortslepende probleme.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Mercurius beweeg tot 7 Februarie deur jou teken. Let dus mooi op hoe jy met ander kommunikeer. Luister aandagtig en reageer versigtig, slim en kreatief.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Is jou banksaldo in trurat, Waterdraer? Dis die ideale dag om kreatiewe nuwe maniere te bedink om jou kontantvloei ’n hupstoot te gee. Of verleen ’n helpende hand aan iemand wat hulp soek.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Venus huppel nog tot 3 Februarie deur jou teken. Dus is die tyd geleë om ’n paar gunsies op te eis terwyl dié om jou reageer op jou Vis-sjarme, -charisma en -deernis.

© Joanne Madeline Moore