VRYDAG 12 FEBRUARIE 2016

Hier is wat jou sterre vandag voorspel. Met Joanne Moore.

JOU DAG

Vandag se sterre bevorder ’n gevoel van emosionele stabiliteit en standvastigheid.

AS JY VANDAG VERJAAR

Ander mense bewonder jou talente, maar jy moet stry teen die drang om afsydig te wees. 2016 is die jaar wanneer jy meer betrokke moet raak terwyl jy beter bande smee met vriende en kollegas.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Koel af en spaar jou emosionele energie. Dis ’n goeie dag om deur middel van e-pos, Skype en sosiale netwerke met buitelandse vriende in aanraking te kom.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die maan is in jou afsonderingsone, dus is jy is in ’n bui vir stille nadenke. Die lewe is bedrywig, maar ruim gerus tyd in vir rus en ontspan, anders gaan jou stresvlakke deur die dak skiet.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Wat intieme verhoudings betref, geld die gesegde: Hoe meer jy daarin belê, hoe meer sal jy uitkry. As jy vandag gehaltetyd saam met geliefdes deurbring, sal ’n warm, innerlike gloed agterbly.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Moenie jou eggenoot versmoor nie. Hy/sy het ’n minnaar nodig; nie ’n ma of pa nie. Enkellopende Krewe, soek ’n maat wat passievol is en wat volhard, iemand met wie jy op ’n diep vlak ’n band kan smee.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Oorsese vriendskappe word vandag bevoordeel terwyl jy jou portuurgroep uitbrei om ’n internasionale klomp in te sluit. Weerstaan egter die versoeking om met ’n gesagsfiguur koppe te stamp.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Trek vandag jou skaatse aan en laat waai. Die sterre bevoordeel kreatiwiteit, proaktiwiteit en prakties wees – ’n interessante mengelmoes. As daar iemand is wat dit kan baasraak, is dit ’n veelsydige Maagd wat verskeie take gelyk kan afhandel.

WEEGSKAAL 24 Sept-23 Okt.

Wat geldsake betref, is daar geen ruimte vir uitstel nie. Hoe meer proaktief jy is, hoe beter. Soek innoverende maniere om jou kontantvloei te verbeter.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Spring uit jou gemaksone en gooi ’n slag jou daaglikse roetine omver. Die sterre moedig jou aan om dinge anders te doen as gewoonlik. Gooi verveeldheid by die deur uit en sit die bal aan die rol vir positiewe veranderinge.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Duur eerlikheid altyd die langste? Jy wil ’n opskudding veroorsaak en self openliker en eerliker wees as gewoonlik. Maar is almal gereed vir jou spesiale weergawe van Boogskutter-waarheidserum?

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Bel ’n familielid en gesels lank, aangesien jy honger is vir die jongste nuus. Verbonde Steenbokke, verras jou geduldige maat met ’n romantiese gebaar.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Kommunikasie is vandag die wagwoord, want die sterre moedig jou aan om nuwe maniere te vind om met die mense om jou te verbind – veral tuis en in jou plaaslike gemeenskap.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Positiewe maan/Saturnus-aspekte verhoog jou aanvoelingsvermoë en kreatiwiteit . . . en ook jou vermoë om kreatiewe idees ’n werklikheid te maak. As jy hoop om vanjaar op reis te gaan, begin nou al beplan.