JOU DAG

Streef altyd daarna om georganiseerd en gedissiplineerd te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Moenie jouself so ernstig opneem nie. Ruim oor die volgende jaar meer tyd in vir ontspanning en pret. Die werk sal wag tot jy klaar is.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Weerbarstige Ramme verkies ’n spontane benadering, maar die een of ander daaglikse roetine sal jou help om op ’n meer produktiewe en aangename manier deur projekte te werk. Daar’s plek vir albei.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy is in die regte bui om met kinders, tieners en intieme vriende te korrespondeer en om aan gesamentlike projekte deel te neem. Ongeag hoe uitdagend dit kan wees – hou die kommunikasie aan die gang.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

’n Familielid help jou om ’n huidige situasie in ’n realistiese lig te sien. Moenie voel jy moet alleen met ’n oplossing vorendag kom nie. Daar is volop ondersteuning rondom jou waarop jy kan staatmaak.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Streef vandag daarna om praktiese resultate te kry terwyl jy verstandig en nugter met ander mense kommunikeer. As jy hard aan gesamentlike projekte werk – en geduld gebruik – sal jy eindelik die vrugte pluk.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die son beweeg tot 23 Augustus deur jou teken en dit verhoog jou motivering, selfdissipline en seksuele Leeu-aantreklikheid. Dit bring egter ook jou besitlike en hardkoppige sy na vore.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Selfverbetering is eie aan jou, dus is dit tyd om jou styl en houding te herdefinieer. Soos jou mede-Maagd Leonard Cohen verklaar het: “Tree op soos jy graag wil wees en jy sal gou wees soos jy optree.”

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Vandag moet jy geduldig wees. As jy jou huiswerk doen en aanlyn rondkyk, gaan jy ’n winskoop raakloop. As jy koop presies wat jy soek – teen ’n verlaagde prys – sal jy selfvoldaan en tevrede voel.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Bly sterk, aangesien mislukking jou aanspoor en jou motivering aanvuur. Kry inspirasie by die rolprentlegende Mickey Rooney, wat baie kort van gestalte was: “Op die pad na sukses gaan jy altyd eers by mislukking verby.”

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Met die maan wat deur jou teken beweeg, bestaan die potensiaal om ’n wonderlike dag te hê – solank jy nie toelaat dat geringe irritasies in jou pad staan nie. Negatiwiteit is uit en positiewe produktiwiteit is in.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Weerstaan die versoeking om in te bars en oor te neem. Wat sensitiewe probleme betref, sit op die kantlyn sodat jy ’n breër perspektief kan kry. Dan sal jy presies weet wat om te doen.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Moenie vandag voel jy moet ’n projek heeltemal op jou eie aanpak nie. Baie mense rondom jou is gewillig om te help; al wat jy hoef te doen, is om moed bymekaar te skraap en te vra.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is vandag in die kollig. As jy op die een of ander manier met die publiek in aanraking kom, maak seker jy sit jou professionele voetjie voor. Selfversekering is die vuurpylbrandstof wat jou vlerke kan gee.