JOU DAG

Probeer onafhanklik wees terwyl Saturnus toegeneentheid teenoor jou belemmer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is onverskrokke en dramaties en hou van nuwe uitdagings in jou lewe. Februarie en Maart is die beste maande vir romanse, liefde, huweliksaansoeke en troues.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Probeer om nie te oorreageer of te emosioneel te wees as jy probleme met ’n kind, tiener of vriend ondervind nie. Dis verstandig om te sit en die kwessies kalm te bespreek.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jou mening en ingesteldheid kan baie onbuigsaam wees en dit kan ander wegstoot. Weerstaan die begeerte om vas te skop en ’n superkoppige Bul te wees.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Streef daarna om so vrygewig moontlik te wees, selfs as ander nie simpatiek is nie. ’n Groep, klub of organisasie waarby jy betrokke is, is op die punt om ’n opwindende nuwe rigting in te slaan.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

As jy geldelike probleme het, moet jy aan kreatiewe maniere dink om jou kontantvloei te vermeerder. Vind ’n vriend of kollega wat soos jy dink met wie jy kan saamwerk.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Daar is steeds baie om by die huis te doen – spring dus aan die werk! As daar spanning tussen jou en ’n familielid is, is dit nou tyd om ’n paar toegewings te maak en ekstra geduldig te wees.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Dis tyd om die mense om jou te help terwyl die planete jou humanitêre sone stimuleer. Put inspirasie uit wyle prinses Diana se woorde: “Almal het die potensiaal om iets terug te gee.”

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Uiterlike skoonheid kan jou verblind, maar moenie toelaat dat jy mislei word deur dinge wat op die oog af glansryk lyk nie. Kyk onder die oppervlak om te bepaal of ’n mens of eiendom werklik langdurige waarde het.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Soms is Skerpioene te drifting en dit skrik ander af. Jy is passievol om verandering te bewerkstellig – veral by die skool of werk – maar probeer om mense subtiel te oortuig.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Moenie ’n oppervlakkige blitsoplossing vir ’n probleem soek nie. Gaan in op die saak om ’n bevredigende oplossing te kry. Jy sal moet besef dat jy nie almal tevrede kan stel nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Probeer om ander nie te saaklik te hanteer nie omdat dit hulle kan ontstel. Probeer om professioneel maar met ’n persoonlike aanslag te wees. Luister mooi na wat dit is wat ander regtig sê.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Met Venus en Mars wat na jou verhoudingsone beweeg, is jy in die bui vir kameraderie en geselskap. Onafhanklike projekte is tydelik uit en gesellige groepswerk is in.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Het jy ernstige planne vir die toekoms? Dis die gepaste tyd om jou doelwitte en drome behoorlik te beskou. Dalk moet hulle op ’n manier aangepas of bygewerk word.