Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Dis ’n puik dag om jou gevoelens met ander te deel.

AS JY VANDAG VERJAAR

2017 sal baie geleenthede skep en jy het ’n menigte natuurlike talente waarop jy kan terugval. Maar wees bedag daarop om nie besitlik te raak jeens geliefdes nie.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is haastig om jou boodskap hard en duidelik oor te dra. As jy egter oorhaastig raak, gaan jy dalk die verkeerde boodskap versprei. Wees dus versigtig, veral wanneer jy die sosiale media gebruik.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Probeer om jou nie te bekommer oor situasies wat waarskynlik nooit gaan voorkom nie. Spits liewer jou aandag toe op die hede. Gryp die dag aan! Soos die Bul Katherine Hepburn verklaar het: “Die lewe is daar om te geleef te word.”

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Wat ’n intieme verhouding betref, wil jy graag volstoom voortbeur, waar hy/sy weer op sy/haar beurt dinge teen ’n stadiger pas wil vat. Jy sal dus geduldig moet wees . . . nie een van jou sterk punte nie!

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Moenie vandag situasies ingewikkeld maak deur afhanklik te raak van ander se raad nie. Om raad in te win is goed, maar die finale besluit is joune alleen, veral wat geldsake betref.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

’n Geliefde of sakevennoot kan jou verras met sy energie en geesdrif oor ’n gesamentlike projek. Wat ’n langtermynverhouding betref, moet jy jou toewyding op vriendelike en liefdevolle maniere wys.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Wat ’n werkaangeleentheid of gesondheidskwessie betref, is dit tyd om leiding te neem, Maagd! As jy proaktief raak en ’n lewensvatbare plan bewerkstellig, gaan jy heelwat beter voel oor die toekoms.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die winde van verandering waai deur jou wêreld en verander jou houding oor die liefde, die lewe, die heelal – alles. Nuwe geleenthede maak hulle opwagting; dus moet jy wakker wees!

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Moenie geldsake aanjaag nie. Die sterre moedig jou aan om gefokus en deeglik te wees asook om jou deur familie en intieme vriende te omring sodat jy ’n genotvolle dag kan hê.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jou huidige leuse kom van jou mede-Boogskutter Bruce Lee: “Moenie uitgaan, ’n suksesvolle persoonlikheid soek en dit dan na-aap nie. Wees altyd jouself, druk jouself uit, kry geloof in jouself . . .”

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy is ’n deskundige wat die verrigting van veelvuldige take tegelyk betref, maar probeer eers huidige projekte afhandel voor jy nuwes aanpak. Met Saturnus in jou afsonderingsone, is dit ook tyd vir ’n bietjie ernstige bepeinsing.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Plaaslike gemeenskapskontakte val vandag in die kollig terwyl jy ’n proaktiewe benadering met jou unieke styl kombineer. Wanneer jy met ander kommunikeer, druk jou gevoelens openlik en regstreeks uit.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie jou gevoelens vandag wegsteek nie! Mars moedig jou aan om jou emosies prontuit, eerlik en regstreeks uit te druk. Dit is ook ’n goeie tyd om verbeeldingryke idees in dinamiese dade om te skakel.

© Joanne Madeline Moore