Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Pasop om vandag liggelowig te wees en te veel vertroue in ander te hê.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is elegant en sjarmant dus is dit moeilik om jou te ignoreer. In 2016 moet jy ontspan en ’n kalm plek in jou binneste vind, sodat jy nie heeltyd volstoom hardloop nie.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Kreatiewe dinkskrums is vandag jou voorland, Ram, terwyl jy met ’n paar verbeeldingryke nuwe idees vorendag kom. Moet egter nie te kwaai meegevoer raak nie – maak seker jou abstrakte idees is prakties uitvoerbaar.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Venus koppel met Neptunus, dus voel jy kreatief, dog ook gedreineer of ontmoedig deur die kwaai eise wat die dag stel. Probeer dus om stresbelaaide situasies te vermy totdat jy meer veerkragtig en sterk voel.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Mense soek optrede en antwoorde van jou kant af – veral by die werk – maar het jy die pad byster geraak? Byt vas, Tweelinge – die swaar mis sal gou verdwyn en jy sal weer jou kreatiewe rigting vind.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Kommunikasie lyk verwarrend en onvoorspelbaar – veral met kollegas by die werk. Vermy die versoeking om die waarheid so effens aan te pas. Jy sal sien dat eerlikheid beslis die langste duur..

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Heelwat Leeus se gedagtes word in beslag geneem deur probleme rakende familie en vriende, aangesien hulle na jou opsien vir ’n bietjie gesonde Leeu-leierskap. Ander Katte – ’n intieme verhouding raak selfs meer verwarrend.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Vertel ’n geliefde dalk nie vir jou die volle waarheid nie? Kyk jy dalk na hom/haar deur ’n belaglike rooskleurige bril? Eerlikheid en duidelike kommunikasie is noodsaaklik, anders gaan jy dalk mislei word.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Met vier planete in jou welstandsone, moet jy nou meer proaktief wees rakende jou gesondheid. Voedsame kos en gereelde fisiese aktiwiteite is noodsaaklik, so spring weg en begin hardloop na ’n positiewe toekoms.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Maak seker dat jy vandag duidelik kommunikeer, Skerpioen, anders gaan misververstande jou voorland wees – veral waar geld, kinders, tieners of vriende betrokke is. As jy twyfel, neem tyd en maak doodseker.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Dit is ’n uitstekende dag om ’n kreatiewe projek aan te pak terwyl jou verbeelding en intuïsie aangevuur word. Maar die kans is goed dat jy verkeerd verstaan word – veral deur familielede. Probeer dus om minder te praat en meer op te let.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy mag dalk vandag ongemaklik voel, Steenbok, aangesien dit wat jy dink verskil van dit wat jy voel. Kommunikasie is waarskynlik ook verwarrend, so maak doodseker wat ander mense bedoel voordat jy reageer.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Moenie vandag belangrike finansiële besluite neem – of duur dinge aanskaf nie – aangesien jy dinge dalk nie duidelik sien nie. Kreatiwiteit is hoog, maar maak seker jy onderskei tussen tussen feit en fiksie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie vandag dinge op sigwaarde aanvaar nie, veral wat jou werk of ’n persoonlike projek betref. Ruim tyd in om dinge uit te praat, anders gaan jy waarskynlik ander mense verkeerd verstaan – of verkeerd verstaan word.