JOU DAG

Dis die ideale dag om ’n ou gewoonte te laat vaar of met ’n opwindende, nuwe projek te begin.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n ernstige kant en is mal daaroor om inligting uit te grawe wat ander miskyk. Maak seker jy laat genoeg ruimte in jou lewe om te kuier en pret te hê.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Weerstaan die begeerte om baasspelerig en roekeloos te wees. As jy te haastig is, kan jy gou by ’n stryery of ongeluk betrokke raak. Kompromie en geduld is die sleutels tot ’n spanningvrye dag.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die nuwemaan dui op ’n nuwe begin vir gesamentlike geldsake. Party Bulle kan die volgende nege maande uit ’n erflating, pensioenuitbetaling, belastingopgawe, verhoging of geskenk voordeel trek.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Maak gereed vir ’n herlewing in ’n verhouding! Tweelinge in ’n langtermynverhouding se verhouding sal na ’n ernstige fase beweeg, terwyl party enkellopendes eindelik hul toekomstige langtermynmaat sal ontmoet.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Met die nuwemaan en Saturnus in jou welstandsone is die fokus die volgende paar weke op gesondheid en fiksheid. Moenie te veel weglê nie, anders sal jy teen Kersfees heelwat kurwes hê.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Opgewekte Leeu, maak jou gereed vir ’n oormaat pre-Kerspartye met die nuwemaan wat jou vermaaksone belig. ’n Vakansie binnekort is baie waarskynlik, maar wees versigtig vir onbetroubare aanlyn-reisaanbiedings.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Bring op ’n stil aand tyd saam met geliefdes deur terwyl die nuwemaan jou huishoudelike sone belig. Party Maagde sal besluit om groot veranderinge tuis aan te bring of selfs na ’n ander huis te trek.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Die Boogskutter-nuwemaan aktiveer jou kommunikasiesone en dit is tyd om aan stimulerende gesprekke, ’n geskinder, goeie tye, dramas en drome deel te hê. Die omstandighede is ook goed vir studie en reis.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Verbind jou tot ’n verantwoordelike, nuwe geldplan terwyl die nuwemaan jou geldsone aktiveer. As jy nie jou geldsake op jou eie kan hanteer nie, gebruik die dienste van iemand professioneel.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die Boogskutter-nuwemaan herlaai jou batterye. Dit is die ideale tyd om met ’n projek te begin, aan ’n sportgeleentheid deel te neem, te gaan perdry, te oefen, te studie of ’n vakansie te beplan.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die sterre noop jou om veranderinge aan jou lewe tuis te maak wat al lankal nodig is. Jy verander dinge by die huis. Moenie ongewoon roekeloos met kontant of skuld wees nie.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Wees ekstra versigtig wanneer jy bestuur. Moenie jaag nie en dink mooi voor jy dinge uitblaker waaroor jy later spyt sal wees. Jy is in die bui om sake te ontwrig, maar is dit die slimste ding om te doen?

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Hoe vorder jou loopbaan? Met die nuwemaan wat jou werksone aktiveer, moet jy lank en hard dink oor kreatiewe veranderinge wat jou werkervaring in 2016 kan verbeter.