JOU DAG

Dit is ’n uitstekende dag om tyd saam met familie en vriende deur te bring.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n universele waarheidsoeker. Deur die komende jaar moet jy daarna sterwe om nie so morbied te wees nie en jouself ’n bietjie minder ernstig op te neem.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

’n Verveelde Ram is ’n resep vir moeilikheid! Beproef dus vandag ’n nuwe aktiwiteit, pak ’n selfdoentaak aan, reis êrens heen, gaan op ’n avontuur, raak sportief of bestudeer iets wat jou nog altyd gefassineer het.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Spring uit die groef en doen vandag iets opwindends en anders, Bul, terwyl jy pret het saam met die geliefdes in jou lewe. Huishoudelike aktiwiteite en skeppende stokperdjies word veral bevoordeel.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Dit is ’n goeie dag om aan die gang te kom in jou plaaslike gemeenskap, terwyl jy kommunikeer en kontak maak met ewe denkende siele. Maak net seker dat die hart en die kop, asook die intellek en intuïsie, gebalanseerd is.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Is jy bekommerd oor iets? Vandag moet jy raad soek by ’n ouer familielid of ’n vriend van die gesin. Iemand wie se wysheid en ervaring jy respekteer. Wanneer ’n probleem gedeel word, word hy klaar halfpad opgelos.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Superplanetêre aspekte spoor jou Leeu-energie en -motivering aan. Die tyd is dus perfek om konkrete planne te maak; ambisieuse doelwitte te stel; en deur persoonlike en professionele projekte te stoom.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Tans sien ’n mens jou beste werk agter die skerms. Ander mense mag dalk nie raaksien of waardeer wat jy doen nie, maar jou pogings gaan in die komende dae en weke goed beloon word.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jupiter spring tot 10 Oktober deur jou teken. Moet dus nie ’n lui Weegskaal wees nie! Maak seker dat jy die gelukkige geleenthede en voordelige vriendskappe benut wat oor jou pad kom.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Moenie vandag kortpaaie neem nie, Skerpioene. Sukses sal kom as jy geduldig is en al die nodige huiswerk en navorsing doen. Maak dus seker dat jy die feite soek wat onder die oppervlak versteek is.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jupiter verhoog nog steeds jou geluk. Veral waar groepe, klubs en organisasies, asook jou hoop, drome en wense vir die toekoms betrokke is. Kom dus aan die gang en laat dinge gebeur!

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

’n Nasionale werkkonferensie, oorsese sakereis, bevordering of studiegeleentheid is baie moontlik binne die volgende maand aangesien Jupiter jou beroepsone aktiveer. Jy moet dus tot die stryd toetree.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Die Son en Mars beweeg nog steeds deur jou verhoudingsone. Die fokus is dus deeglik op proaktief wees oor die verbetering van vennootskappe – of dit nou die romantiese, platoniese of sakesoort is.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

As jy dalk iets ingewikkelds aan ’n kollega, kliënt of koper moet verduidelik, moet jy dit ekstra versigtig en bedagsaam doen. Moenie haastig raak nie! Neem jou tyd om seker te maak hy/sy verstaan jou instruksies.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.