JOU DAG

Mars beweeg tot binne-in die Bulteken, wat dui op praktiese optrede en produktiwiteit.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy kan na ’n besige en suksesvolle jaar uitsien, maar waak daarteen dat jy jou aan mense onttrek. Hou jou sosiale lewe en vriendskappe ook sterk aan die gang.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Pla geldsake jou? Die magtige Mars moedig jou aan om baie meer proaktief met jou finansiële portefeulje te wees terwyl jy splinternuwe maniere bedink om minder uit te gee en meer te verdien.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die dinamiese Mars spring tot binne-in die Bulteken, waar dit tot 21 April vertoef. Dit is dus tyd om op te hou sluimer en heelwat meer gemotiveerd en proaktief te raak terwyl jy idees in werking stel, projekte aan die gang sit en dapper voortbeur.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Met dié dat Mars nog tot 21 April in jou misteriesone vertoef, val die klem op jou verbeeldingryke, skeppende en introspektiewe sy. Bestee dus jou energie aan kreatiewe projekte of geestelike sake.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Groepsaktiwiteite en gesamentlike ondernemings word veral bevoordeel terwyl jy in aanraking kom met eendersdenkende mense. Dit is ook tyd om jou toekomsdrome met vriende, persoonlik sowel as aanlyn, te deel.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die aksieplaneet, Mars, marsjeer tot in jou beroepsone. Wees dapper, neem die leiding en laat opwindende dinge gebeur. Wys jou kollegas hoe hard jy kan brul!

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mars storm jou avontuursone binne; dus moet jy begin dink waarheen jy vir jou volgende hemelse vakansie wil gaan. En moenie net idees bespreek nie; dis tyd om die daad by die woord te voeg en beslis op te tree.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Moenie tot vinnige gevolgtrekkings kom en aannames maak oor wat geliefdes dink en voel nie. Ruim liewer tyd in om verby die uiterlike te kyk terwyl jy sake dieper beskou.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die proaktiewe Mars moedig jou aan om meer gehaltetyd op praktiese maniere aan die vertroeteling van intieme verhoudings te wy. Koester ook nuwe vriendskappe met eendersdenkende mense, persoonlik sowel as aanlyn.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Dit is tyd om proaktief te raak oor die verbetering van jou gesondheid en fiksheid met ’n meer voedsame dieet en ’n meer dinamiese oefenprogram. Maak ook seker dat jy bybly met jou dokters- en tandartsondersoeke.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die magtige Mars beweeg vandag tot binne-in jou medegrondteken die Bul. Dis nommerpas vir werk wat deursetting, dissipline, goeie konsentrasie en aandag aan detail verg. Hemel op aarde vir ’n Steenbok!

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Moenie net daar sit en kyk hoe ’n situasie tuis prut nie. Dis tyd vir besliste optrede! Die dinamiese Mars moedig jou aan om meer proaktief te wees ten opsigte van gesinsverhoudings en jou huislike lewe.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Met dié dat Mars tot binne-in jou kommunikasiesone beweeg, is jy in ’n bui vir gesels. Moet egter nie vinnige gevolgtrekkings maak nie – veral oor ’n buurman of ’n familielid. Jy het eenvoudig nie al die feite tot jou beskikking nie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017