JOU DAG

Weerstaan die behoefte om onbehoorlike kommentaar uit te blaker.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is van nature lewendig en vol waagmoed, maar jy kan ook baie onvoorspelbaar wees. Jy moet in die komende 12 maande meer georganiseer raak by die werk en meer kreatief speel.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

As mense – veral familielede – jou ontstel, gaan jy bakleierig raak aangesien die sterre jou selfversekerde Ram-sy versterk. Koel af, Ram, anders gaan jy aan eindelik heeltemal uitgeput wees.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy is gretig om te kommunikeer en te gesels. Verwag dus ’n besige dag terwyl jy met kollegas omgaan en op die hoogte kom met familie en vriende. Moet net nie verwag dat almal gaan hou van wat jy te sê het nie!

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Hegte vriendskappe is tans ingewikkeld, aangesien verskillende maats jou tyd en aandag op verskillende maniere vereis. Vermy dit vandag om iets spontaan uit te blaker waaroor jy later spyt kan wees.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy gaan vandag waarskynlik uiters rusteloos voel aangesien nietige sake jou irriteer – en belangriker dinge jou bloed laat kook. Koel dus af, Kreef, voor jy jou regtig vervies en jou humeur verloor!

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Vurige Leeus, weerstaan vandag die versoeking om beheer te verloor. Jy het baie hooi op jou vurke, maar as jy jou spoed aanpas, gaan die kans om ontsteld te raak of onaangename rusies te hê, heelwat minder wees.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jou emosies gaan meer intens wees as gewoonlik; dus moet jy nie dinge opkrop nie. Maak seker jy praat met mense oor jou gevoelens. ’n Weerbarstige gesinslid of buurman kan wel jou beperkte geduld tot die uiterste beproef.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Ongeërgde Weegskaal, as jy vandag te traak-my-nieagtig is, gaan mense eenvoudig net instorm en besluite namens jou neem. Skraap dus die moed bymekaar om jou behoeftes duidelik te stel en vas te staan by dit waarin jy glo.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

’n Magstryd en onenigheid is vandag baie moontlik, behalwe as jy jou Skerpioen-behoefte om in beheer te wees, kan beheer. Laat ander mense dus hul eie raad volg en hul eie foute maak.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy kan ietwat gestres voel aangesien die sterre jou welstandsone deurmekaarkrap. As jy tyd afstaan om saam met familie en vriende te ontspan, kan dit help om jou gespanne senuwees en jou Boogskutter-siel te kalmeer.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy gaan waarskynlik teenkanting kry van mense in jou strewe om vooruit te kom. Vermy die versoeking om baasspelerig teenoor ander te wees aangesien dit net sake vererger. Raak liewer kalm en herkalibreer, Steenbok.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Duur dit ’n ewigheid om jou drome te bewaarheid. En verkwalik jy omstandighede – of ander mense – vir die vertragings? Doen self ondersoek, Waterdraer. Miskien is jy self die saboteur?

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Dit gaan vandag moeilik wees om reguit te dink aangesien intense gevoelens jou oordeel belemmer en jy op ’n te emosionele wyse op die meeste goed reageer. Laat staan dus belangrike besluite oor tot die tyd meer geleë is.