JOU DAG

Verhoudings gaan vandag intens en ingewikkeld wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy moet die volgende twaalf maande simpatiek wees. Jou motto vir die komende jaar kom van jou beroemde verjaardaggenoot, Prinses Diana: “Ek volg nie die reëlboek nie. Ek laat my deur my hart lei, nie my kop nie.”

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Begeerte en buitmakery is tans op jou brein, met verbeterings in die pyplyn op altwee gebiede. Vir sommige gelukkige Ramme kruis ’n onverwagte meevaller jou pad via ’n vriend of familielid.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Magstryd is vandag baie waarskynlik vir sommige Bulle – tensy jy ’n geliefde kan toelaat om baas te wees. Hoe meer jy probeer om jou idees op ander mense af te dwing, hoe meer waarskynlik gaan jy hulle wegdryf.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jou heersende planeet, Mercurius, besoek nou jou kontantsone, dus is dit die perfekte tyd om jou finansiële geletterdheid te verbeter met studies of met die mentorskap van iemand wat geldslim is.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Mercurius beweeg tot 14 Julie deur jou teken. Jy sal meer rasioneel en minder subjektief voel as gewoonlik, dus is dit ’n fantastiese tyd om vir ’n opvoedkundige kursus in te skryf of om ’n studieprojek te voltooi.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Leeus is gretig om nuwe dinge te ervaar. Die sterre bevoordeel studie, reis, gesprekke en positiewe denke. Moet egter nie toelaat dat veeleisende optrede ’n potesieel produktiewe dag bederf nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Verhoudings met ’n kind of vriend mag dalk vandag swaarkry. Hoe meer jy poog om dit onder beheer te kry, hoe erger gaan dit raak. Fokus liewer op die talle geleenthede rondom jou by die werk.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Dit bly steeds 'n uitdaging om die verhouding tussen jou openbare en privaat lewe reg te kry, asook die verhouding tussen huis en werk. Maar, as enigiemand veelvuldige doelwitte kan bereik, is dit ’n goed gebalanseerde Weegskaal!

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Vandag se sterre verhoog jou aantrekkingskrag – en jou beheer sy. Hoe meer jy probeer om andere te manipuleer, hoe moeiliker gaan die dag raak. As jy slim is, sal jy die uitweg met die minste weerstand kies.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die sterre glimlag vandag vir sonnige Boogskutters! Verwag maar ’n gelukkige geleentheid wat uit die bloute verskyn. Jy moet egter proaktief wees en dit aangryp as dit voorkom, anders gaan dit reg by jou verbyglip.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Met Mercurius wat nou tot 14 Julie deur jou verhoudingsone beweeg, is dit tyd om aan die gesels te raak – regtig aan die praat – met jou dierbares, terwyl jy daaraan werk om die kommunikasielyne te verbeter.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy kan dalk vandag effens sukkel om met ander mense te kommunikeer terwyl jou Waterdraer-teruggetrokkenheid inskop en jy probeer om dinge te vermy deur jou kop in die sand te druk. Is dit wel die beste ding om te doen?

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Verwag dat vriendskappe en groepsaktiwiteite ingewikkeld gaan wees met mense wat vreeslik passievol is oor hulle standpunte. As jy geldprobleme ondervind, kan ’n familielid dalk intree en hulp aanbied.