JOU DAG

Dis die beste dag van die jaar om ’n wenslysie met jou doelwitte en drome vir 2016 op te stel.

AS JY VANDAG VERJAAR

Gelukkige Nuwejaar! Met Saturnus, jou heersende planeet, wat steeds deur die Boogskutter-teken beweeg, moet jy in 2016 meer spontaan en avontuurlustig wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Gelukkige Nuwejaar! Februarie en Maart is fantastiese maande vir studie, geldsake, seks en reis. Volgende jaar teen dié tyd sal ’n belangrike verhouding baie gevorder het.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die eerste agt maande van 2016 is die tyd om jou portuurgroep uit te brei om nuwe, suksesvolle mense daarby in te sluit. As jy met invloedryke mense skouers skuur, sal goeie geleenthede opduik.

TWEELING 22 MEI-21 Jun.

Gelukkige Nuwejaar! Vind maniere om jou verhouding in 2016 selfs beter te maak! Enkellopende Tweelinge kan liefde vind by iemand wat emosioneel volwasse is en gereed is om hulself te verbind.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Moenie bang wees om in 2016 ’n romantiese verhouding wat nie werk nie te beëindig en van voor af te begin nie. Enkellopende Krappe moenie moed opgee nie. Februarie of Maart is die tyd vir ware liefde.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Verwag ’n voorspoedige begin tot die jaar met Jupiter wat deur jou geldsone beweeg. Maart en September is die beste maande om te begin studeer of ’n avontuurlike oorsese reis te onderneem.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Maak die beste van die eerste agt maande van 2016¬¬ wanneer Jupiter, wat geluk bring, deur jou teken beweeg. ’n Optimistiese en proaktiewe benadering sal lei tot sukses, reis en baie positiewe terugvoer.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jupiter beweeg van 9 September af vir die eerste keer in 12 jaar deur jou teken. Berei jouself die eerste deel van die jaar hierop voor. Hoe meer voorbereid jy is, hoe meer voorspoedig sal jy wees.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Met Saturnus wat steeds in jou geldsone is, sal jou geldsake in 2015 ’n bietjie knyp. Beplan daarvolgens. Kupido se pyltjie sal enkellopendes waarskynlik in Maart tref wanneer die sonsverduistering die fokus op jou sone vir romanse laat val.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Probeer om in 2016 die balans tussen jou professionele verpligtings en jou gesinslewe reg te kry. Party Boogskutters sal aan hul huis laat aanbou, verhuis of oorsee reis.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die volgende agt maande is die beste tyd om ’n oorsese reis te ondeneem of jou kwalifikasies te verbeter. Dan vat jou loopbaan vlam! Duidelike en openlike kommunikasie is die geheim tot ’n suksesvolle 2016 vir slim Steenbokke.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Gelukkige Nuwejaar! Met drie verduisterings wat jou geldsone stimuleer sal geldelike sekuriteit ’n belangrike tema in die komende jaar wees. Vir party enkellopendes is daar ’n verband tussen liefde en reis.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Ernstige Saturnus beweeg in 2016 steeds deur jou loopbaansone. Dit is dus tyd om jou sitvlak te lig en besig te raak. Jy sal vind hoe harder jy werk hoe gelukkiger en suksesvoller sal jy wees.