JOU DAG

Vandag se sterre is intens en onvoorspelbaar; hou tred met wat rondom jou aangaan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is doelgerig en kan dalk te veel aanpak. Vanjaar moet jy harde werk met sosiale geleenthede en familievierings probeer balanseer.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Geestelike kreatiwiteit is hoog, maar moenie iets onvanpas uitblaker nie. Haastige woorde kan soos ’n mes sny en as jy dit nie self redigeer nie, kan jy dalk in ’n rusie betrokke raak.

BUL, 21 Apr.-21 Mei.

Het jy dalk ’n probleem? Luister na die wyse woorde van ’n mentor of vriend of skakel in op wat jou intuïsie jou vertel. Dit sal jou in die regte rigting stuur.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy is gretig om ou vriendskapsbande te vertroetel en om opwindende nuwe kennisse na jou te lok. Vermy negatiewe denkers. Soek mense op wat jou drome vir die toekoms steun en aanmoedig.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy het ’n obsessie om iets gedaan te kry; jou verweer bou op en jou geduld raak minder. Probeer om meer objektief te wees, veral wat ’n gesinslid of buurman betref.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jou verbeelding skiet vandag die hoogte in en jou vermoë om logies te dink, word ’n knou toegedien. Dis tyd om kreatiewe aktiwiteite aan te pak eerder as om besluite te neem wat helder denke verg.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Hoe meer jy aan verhoudings werk, hoe meer bevrediging sal jy daaruit put. Moenie ontmoedig word deur struikelblokke op jou pad nie. Met Venus in jou vennootskapsone, is dit tyd vir beraadslaag, samewerking en toewyding.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jou huis is waar jou hart is. Jy aanvaar ekstra huishoudelike verantwoordelikhede met ’n meewarige glimlag. Verhoudings met gesinslede sal nie vandag maklik wees nie, maar as jy geduldig is, sal jy sake goed kan behartig.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy het nou al ’n geruime tyd oor ’n komplekse situasie getob. Wrokkigheid het opgebou en vandag gaan jy dalk sê presies wat op jou hart is. Moenie gunstige reaksie van ander verwag nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Sommige Boogskutters se kreatiwiteit skitter vandag op ’n verbasend produktiewe wyse. Ander kan verwag dat kommunikasie met ’n kind, tiener of vriend intens, onvoorspelbaar of verwarrend sal wees.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy sal tuis voel terwyl die maan deur jou teken beweeg. Jy voel gefokus, intens en super kieskeurig. Soek dus ’n uitdagende persoonlike projek waarheen jy al daardie energie kan kanaliseer.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Breek weg uit jou gewone roetine en slaan opwindende nuwe rigtings in. Reis, opvoeding en sosiale media lyk gunstig. Jy kan dit selfs waag om iets heeltemal anders te doen.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is in ’n bui om te maak en breek. Allerlei ongewone situasies en opwindende scenario’s roep, maar moet geen finansiële besluite neem voor jy aansienlik kalmer en rustiger voel nie.