Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

In die nuwe lewensjaar sal jy geneig wees om meer na binne te werk. Jy sal jou meer bekommer oor hoe dinge jou raak en minder bekommer oor hoe ander geraak word of selfs hoe hulle oor jou voel. Jou liefdeslewe lyk wonderlik.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens sal dol wees oor geselskap; hulle sal hulle verlekker in sosiale geleenthede en tyd saam met interessante mense wil deurbring. Hulle is vrygewig, barmhartig en simpatiek. Hulle het goeie sterre vir enige soort sakebedryf.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag kom die son en Venus in jou teken in aanraking. Dit sal jou romantieser as gewoonlik laat voel en aangesien jy die sexy Skerpioen is, is dit veelseggend. Die goeie nuus is, alles sal volgens plan verloop.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is vandag uitstekende toestande vir jou. Dit bring harmonie met omtrent almal en help van jou drome bewaarheid. Iemand sal iets uit die verlede opdiep. Dit is natuurlik vir iemand se vermaak ten koste van jou.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Die son en Venus in jou hoek vir hoop en drome laat dinge vir jou gebeur. In hierdie toestande kan drome bewaarheid word. Dit is dalk nie groot drome nie, maar ’n reeks klein oorwinnings sal jou hart verbly.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Soms neig die sterre wat jy vandag het tot ’n meer ontspanne houding. Dit is meestal goed, maar soms kan dit veroorsaak dat jy te ontspanne is en geleenthede misloop. Die sterre lyk wel goed vir jou aansien.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag se sterre sal jou normale sjarme en aangenaamheid verbeter. Dit is goed, want jy kom vandag met baie mense in aanraking en omdat jy mense van jou kan laat hou, kan jy ’n paar vriende ryker word.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag is goed vir gedeelde geldsake. Jy bekyk jou spaargeld en hoeveel jy kan bestee aan iets wat julle albei gebruik. Daar is ook goeie sterre vir liefde en toegeneentheid.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Die son en Venus is in jou sewende hoek in aanraking en dit bring ’n nuwe fase in jou hegte persoonlike verhoudings mee. Dit is ’n goeie tyd en die sterre lyk goed; jy kan dus net goeie dinge verwag. Dis ’n gelukkige dag.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Vandag se sterre kan soms gesondheidsprobleempies teweegbring. Dis onnodig om jou daaroor te bekommer, maar hulle is dalk ’n blok aan die been en veroorsaak oponthoud. Probeer ontspan.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag se wonderlike nuus is, Venus, die godin van liefde en romanse, tesame met die son is in jou hoek vir liefde en romanse; dit bring lieflike aksie in hierdie deel van jou lewe mee. Daar is goeie sterre vir alles wat mooi is.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar is baie wat gedoen moet word, maar jou hoofdoel vandag is om te ontspan en die lewe te geniet; wie kan jou kwalik neem? Die goeie nuus vir nou is, daar is mense wat gelukkig is om jou te sien; dit behoort ’n lonende dag te wees.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy sal die dag gelukkig begin en vir die grootste deel van die dag sal jy hierdie bui behou. Jy sal gelukkige geselskap opsoek en te oordeel na jou sterre, sal jy dit vind. Die dag lyk algaande ál beter.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Die kreatiewe Weegskaal sal vandag bly wees om te weet die dag bring goeie toestande vir alles kunstigs en kreatiefs mee. Jy het nou jou kans om jou slag met ’n verfkwas of ander kreatiewe projekte te wys.