Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG

In die komende jaar gaan jy belangrike dokumente teken en ooreenkomste sluit wat jou lewe gaan verander. Sake rakende geld, beleggings of aansprake gaan goed vir jou werk, en dit is goed vir liefde en toegeneentheid.

BABAS WAT VANDAG GEBORE IS

Hierdie mens gaan sukses behaal in gebiede verwant aan watersport, en werk met vloeistowwe of uitgesoekte voedselsoorte en hoe om die publiek gelukkig te hou. Hulle het ’n begeerte om hulle oor te gee aan die plesiere van die lewe.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag gee jou gemoed ’n hupstoot. Dit gaan nie werklik iets skouspelagtigs wees nie, maar dit is iets waarheen jy gemik het. Jy gaan dus twee keer so ingenome wees wanneer dit alles vir jou gebeur. Daar is ook goeie sterre vir sosiaal verkeer.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

’n Lang afstand gaan belangrik wees. Vir party Maagde gebeur dit omdat jy regmaak om weg te gaan, maar hierdie Maagde is die uitsondering. Jy gaan meestal gelukkig wees om met iemand te praat wat onlangs ver gereis het.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is ’n behoefte aan sorgsaamheid wat geldsake betref. Jou huidige sterre bring dikwels onverwagte uitgawes en nodeloos om te sê, die onverwagte uitgawes is groter as die verwagte uitgawes.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jou sterre lyk belowend sover dit die huwelik en intieme verhoudings aangaan. Sake gaan dalk nie streng volgens plan verloop nie, maar die liefde gaan ’n weg vind. Die middag gaan gevul wees met klein haakplekkies, maar daarna gaan alles glad verloop.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is ’n sterk moontlikheid dat jy aan die begin van die dag ’n bietjie olik gaan wees. Dié gevoel is moontlik die gevolg van iets wat jy gister of gisteraand gedoen het, maar die goeie nuus is jy gaan gou weer beter voel.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag bring sterre wat die liefde en romanse bevorder. Met hierdie sterre gaan dinge vir jou glad verloop. Alles val in plek en sorg vir ’n aangename tyd en die liefde en toegeneentheid van iemand wat vir jou belangrik is.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dit is ’n goeie dag om na jou huis te kyk met die oog op opknappings. Dit is ook ’n goeie tyd om te dink aan ’n groter woonplek koop of huur, want jy het planne wat ’n swaar las op jou huidige woonplek gaan wees.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Dit is ’n besige dag waarop jy baie gaan ronddraf. Jy gee nie om nie; jy het dit min of meer verwag en reëlings getref. Van jou reëlings gaan egter nie presies volgens plan verloop nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy het jou reëlings vir die dag getref en het genoeg geld om die koste te dek. Dis wat jy dink! Jy het beslis voorsorg getref, maar jy het ’n ekstra bietjie kontant nodig om verleentheid oor koste te voorkom.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag bring ’n nuwe begin. Dit is iets wat jy al lank beplan en verwag het, dus gaan dit nie ’n verrassing wees nie. Dit gaan wel ietwat verskil van hoe jy dit beplan het.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Jy moet terugkyk en onthou. Jy gaan ’n situasie – of dalk ’n reeks situasies – teëkom wat al vantevore jou pad gekruis het. Jy moet onthou wat jy toe gedoen het om dit te hanteer.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy het wonderlike sterre vir ’n paar dinge. Die eerste is ’n droom wat bewaarheid word. Dit is ’n droom wat jy ’n geruime tyd het; dus is jy baie ingenome met jouself. Die ander is samesyn met goeie vriende.