JOU DAG

Jy het vandag gunstige sterre vir samerwerking en konsultasie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is lief daarvoor om ander te help, maar wees versigtig dat dit nie lyk asof jy jou neus oral insteek nie. Maart en April is fantastiese maande vir liefde en romanse.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Alles gaan nie oor jou nie, Ram! Met Venus tot 5 Desember in jou verhoudingsone sal jou geliefdes gelukkiger wees as jy meer op hul behoeftes fokus.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Venus is in jou sone vir daaglikse roetine. Probeer dus om moet-doen-take aangenaam en produktief te maak. Dis belangrik om oefening te doen wat jy regtig geniet.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Mense is gretig om vandag met jou te praat. Jou kommunikasievaardighede is skerp. Jy deurdink sake en reageer met interessante insigte en gevatte antwoorde.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Daar is dalk konflik tussen professionele dingendhede en verhoudingsverantwoordelikhede. Impulsiewe optrede kan tot ’n stryery of ongeluk lei. Benader sake dus kalm.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Venus help jou om daarop te fokus om jou kommunikasie met geliefdes te verbeter. Wees proaktief oor reisplanne en probeer om jou toekomsdrome met iemand spesiaals te deel.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Met die maan en Venus in jou geldsone moet jy versigtig wees vir jou geneigdheid om jou aan spontane inkopietogte oor te gee. Kry die regte balans tussen om dinge te geniet en om binne jou vermoëns te leef.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jou heersende planeet, Venus, is nou in jou teken. Dit vuur jou romantiese kant aan en gee jou sosiale lewe ’n welkome hupstoot. Vir party gelukkige enkellopendes wag daar liefde aanlyn.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Is daar ’n probleem wat jou aanhou pla? ’n Kombinasie van proaktiewe navorsing en ouderwetse intuïsie sal jou help om ’n omvattende praktiese oplossing te vind.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy is gewillig om ’n vriend of kollega in ’n moeilike tyd te ondersteun. Maar moenie meegvoer word, jou te veel verbind en meer belowe as wat jy regtig kan doen nie. Vorder een tree op ’n keer.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die omstandighede is gunstig vir professionele projekte – moet net nie belangrike besonderhede miskyk nie. Maak seker jy het ál jou huiswerk oor geldsake gedoen voor jy enige groot geldskuiwe maak.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Baie Waterdraers sal rusteloos en emosioneel ontwrig voel. Maak dus seker jy doen dinge nie te vinnig nie en weerstaan die versoeking om simpel goed uit te blaker waaroor jy later spyt sal wees.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy het vandag geldelike, sosiale, huishoudelike en professionele verpligtings. Maak seker jy maak tyd in jou besige skedule om te rus en ontspan.