JOU DAG

Vandag se sterre handel almal oor kreatief en simpatiek wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met jou geboorte op die sterretekens se Dag van Morele Dapperheid bewonder ander mense jou sterk morele kompas. Die volgende 12 maande moet jy jou kreatiewe talente ontwikkel – veral by die werk.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr

Ramme voel rusteloos! Gebruik jou vurige energie vandag op ’n verskeidenheid maniere sodat jy nie op die ou einde verveeld is nie! Stel vir jouself die uitdaging om ’n droom te omvorm in ’n soliede werklikheid.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Om hardkoppig vas te klou aan ’n vaste mening gaan jou vandag nêrens vinnig bring nie, Bul – veral wat geliefdes betref. Daarteenoor sal ’n buigbare en prettige houding die dag baie lekkerder laat verloop.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Dit is ’n wonderlike dag om te doen wat Tweelinge die beste doen – praat, lag en grappies maak met familie en vriende. Maak net seker jy is gesellig eerder as babbelrig; stimulerend eerder as kunsmatig!

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Hoe meer simpatiek en kreatief jy is, Kreef, hoe beter sal die dag verloop. Die sterre moedig jou aan om groot drome te droom terwyl jy inskakel by opwindende idees uit ’n stimulerende nuwe klomp.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Kunstige insprasie loop hoog, maar so ook die neiging om jouself te mislei, of deur ’n gladdebek op die verkeerde paadjie gelei te word. Moenie toelaat dat komplimente jou ’n groot kop gee en die plek van gesonde verstand inneem nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy dink jy het al die antwoorde, maar ’n verhoudingsprobleem is baie ingewikkelder as wat dit voorkom. Dit is beslis nie net swart of wit nie; daar is baie skakerings van grys tussenin.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

As dit sleg gaan met ’n romantiese verhouding, is dit tyd om stappe te neem om dit reg te ruk – of dapper genoeg te wees om weg te stap. Enkellopende Weegskale, as julle liefde soek, sal julle proaktief moet wees.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Moet jy ’n voortgesette, moeilike situasie hanteer? Gebruik jou vrugbare verbeelding om ’n vars nuwe benadering tot ’n ou probleem te vind. Gee ook mooi aandag aan die boodskappe wat in jou nagdrome skuil.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Baie Boogskutters sal vandag baie rusteloos voel, dus moet jy uitdagende en kreatiewe maniere vind om jouself te vermaak en besig te hou. Vriendelikheid en simpatie sal jou ver bring, tuis sowel as by die werk.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Steenbokke in beheer verval maklik in ’n groef. Met die maan wat jou daaglikse roetinesone deurmekaarkrap, is dit die perfekte tyd om jou gereelde rooster uit te lê en kreatiewer en spontaner te raak.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy voel geïnspireer terwyl jy met ’n kreatiewe idee vorendag kom om ’n irriterende ou probleem op te los. Maak seker jy sosialiseer met vriende wat jou eienaardighede waardeer en jou drome aanmoedig.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Geesdrif loop hoog terwyl jy graag aan ander mense wys waartoe jy werklik in staat is. Hou egter jou voete op die grond vandag, en moenie meer belowe as wat jy werklik kan lewer nie.