Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Mercurius beweeg tans reguit; dus behoort kommunikasie te begin verbeter.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie gedrewe om sukses te behaal. In 2017 behoort jy meer gehaltetyd saam met geliefdes deur te bring aangesien ’n mens se gesinslewe die grondslag vorm vir toekomstige sukses.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Verwag vandag die onverwagte aangesien verhoudings jou verras en dinge nie werklik is soos wat hulle lyk nie. Dis tyd om jou volgende vakansie te begin beplan aangesien Mercurius vorentoe beweeg in jou reissone.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Mercurius beweeg nou reguit en dit behoort ’n intieme verhouding of ’n gesamentlike finansiële projek aan te help wat ’n bietjie stilgestaan het. Jy sal intussen egter ekstra versigtig moet wees oor wat jy aanlyn plaas of deel.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Met Mercurius – jou heerserplaneet – wat eindelik reguit beweeg, behoort alle soorte kommunikasie stadigaan te begin verbeter. Dit is dus tyd dat jy jouself uitdruk en jou gevoelens op regstreeks en eerlik verwoord.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

’n Probleem by die werk of ’n gesondheidsprobleem behoort stadigaan te verbeter aangesien Mercurius vorentoe beweeg en jou algehele welsyn verbeter. Maak seker jy maak gesonde voedselkeuses wat jy werklik geniet.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Mercurius beweeg vorentoe in jou kreatiwiteitsone; dus moet jy seker maak jy slaan munt uit jou kreatiewe talente. Hoe meer energie en geesdrif jy in projekte belê, hoe meer gaan jy terugkry.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dis tyd om tuis aan die werk te spring en ’n projek te takel wat jy aanmekaar uitgestel het. Mercurius beweeg nou reguit vorentoe en dit gee jou energie ’n ekstra hupstoot sodat jy in die luim is om dinge gedoen te kry.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Kommunikasie behoort stadigaan te begin verbeter aangesien Mercurius vorentoe beweeg in jou gespreksone. Jy moet dus jou bes doen om meningsverskille uit te stryk en sake in ’n voordelige rigting te laat beweeg.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Mercurius beweeg vorentoe; dus moet jy jou nie bekommer oor dinge waaroor jy geen beheer het nie. Wees proaktief oor projekte waarvan jy die uitkoms kan beïnvloed. Vind ook ’n ontspanningsmetode wat jou pas.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Mercurius beweeg vorentoe in jou teken; dus het jy die vermoë om vandag te verwoord wat jy dink. Kies net jou woorde met wysheid, want hulle het die vermoë om ander op emosionele maniere te roer.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Was jy ongevoelig? Wat ’n nabye vriend(in) of kollega betref, moet jy die tyd inruim om jou voor te stel wat hul ervaar of voel. Dan sal jy ’n effense begrip hê van wat hy/sy deurmaak.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Mercurius beweeg eindelik vorentoe; dus kan groepsaktiwiteite enige oomblik verbeter terwyl julle almal saamwerk om ’n bevredigende uitslag te bereik. Ruim ook tyd in om te luister na wat ander te sê het.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie kosbare tyd mors met bekommernisse en uitstel nie, Visse! Mercurius beweeg nou reguit; noem dis ’n ding by die naam. Maak ook seker jy is heeltemal eerlik met ander mense en hou hulle op die hoogte wat jou planne betref.

© Joanne Madeline Moore