Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Met die nuwemaan en die aanvang van die Chinese Nuwejaar, is dit tyd vir ’n nuwe begin.

AS JY VANDAG VERJAAR

Streef daarna om meer proaktief te wees. Jou slagspreuk vir 2016 kom van die akteur John Lennon: “Mislukking sal jou nie seermaak nie, maar die vrees vir mislukking sal jou strem.”

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die nuwemaan en Uranus bring jou onafhanklike sy na vore, maar dit kan in die vorm van selfsug tot uitdrukking. Doen gerus jou eie ding, maar moenie ander mense se behoeftes en gevoelens afskeep nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Hoe gaan dit met jou loopbaan? Is dit tyd dat jy ’n salarisverhoging of bevordering moet kry? Is die tyd ryp dat jy ’n beter werk moet soek of van loopbaan verander? 2016 se uitdaging is om van werk ’n plesier te maak, eerder as ’n sleurtaak.

TWEELING 22 Mei- 21 Jun.

Jy is op jou weetgierige beste, want die nuwemaan en Uranus stimuleer jou breinselle. Aangesien jy gretig is om iets nuuts te leer, is dit die aangewese tyd om te reis, studeer, lees, navorsing te doen of ondersoek in te stel.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Intieme verhoudings is vandag onder die loep, aangesien jy daaraan werk om die verbintenis tussen jou en jou geliefdes te verdiep. Dit is ook die regte tyd om gesamentlike finansies aan te vul.

LEEU 24 Julie-23 Aug.

Berei jou voor vir ’n nuwe romantiese verhouding of ’n oue wat nuwe lewe kry. Verbonde Leeus, dis tyd om jou maat te vertroetel. Enkellopendes, soek liefde by ’n avontuurlustige Waterdraer of ’n smeulende Boogskutter.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Vestig al jou aandag op gesondheid, dieet en fiksheid, aangesien die nuwemaan jou goedvoelsone aktiveer. Het jou lyf so ’n bietjie ruk en pluk nodig sodat jy in 2016 fikser en fabelagtiger kan voel?

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Die nuwemaan vuur jou vermaaksone aan en dit kan jou aanspoor om in partytjiemodus te kom. Die sterre raai stiller Weegskale aan om gehaltetyd saam met familie en vriende deur te bring.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die nuwemaan in die Waterdraer stimuleer jou nuuskierigheid en verbeelding. Boonop plaas dit jou in die luim om jou huishoudelike roetine te verander. Doen dus iets nuuts wat jou hart laat sing.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die nuwemaan is ten gunste van ’n opwindende, vars begin wat sosiale media of plaaslike gemeenskapsverbindings betref. Boogskutter, jy het ’n wye verskeidenheid talente om te bied. Roer dus jou riete so gou moontlik!

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Positiewe aspekte in die maan/Saturnus help jou om jou daaglikse pligte sinvol en sistematies te benader. Hoe meer jy professionele en sakeverhoudings koester, hoe suksesvoller sal jy wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die nuwemaan is in die Waterdraer, dus voel jy onafhanklik en vindingryk, maar ook roekeloos en rebels. Probeer jou elektriese energie op positiewe en produktiewe maniere gebruik.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Die nuwemaan gee jou verbeelding en jou intuïsie ’n hupstoot. Maak seker dat jy jou energie in ’n kreatiewe of geestelike rigting kanaliseer, anders gaan jy verward en oorbluf voel.