Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Dit is ’n gunstige dag om op kreatiewe wyses te kommunikeer deur middel van skryf, gesels en SMS-boodskappe.

AS JY VANDAG VERJAAR

Bou in die komende jaar vaste fondamente tuis en in jou plaaslike kreatiewe gemeenskap. Gee leiding aan ander mense en moedig hulle aan om te voorkom dat jy ’n eenkantmens word.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Kreatiewe projekte lyk vandag gunstig en jy jaag opwinding en verskeidenheid na. Jou beperkte geduld sal vandag dun geskaaf word deur roetinetakies, beterweterige mense en frustrerende gesinslede.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

’n Kalm en beheerste benadering tot jou daaglikse roetine lyk gunstig as gevolg van die Maagd-maan. As jy die noodsaaklike take vroeg afgehandel kry, sal jy later kan ontspan.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Mercurius, Venus en Jupiter spring deur jou tuissone, dus is die fokus op die Tweeling. Dit is ’n goeie tyd om ander mense te onthaal – of om sommer net ’n bietjie spesiale alleentyd tuis deur te bring.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Dis ’n uitstekende tyd om goeie kos en vrolike geselskap te geniet. Huishoudelike projekte en gesinsake lyk gunstig, maar as jy nie duidelik kommunikeer nie, sal daar verwarring wees.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy is vandag op jou gesellige beste terwyl jy met ander sosialiseer, gesels en kommunikeer. Vriende en geld is ’n verwarrende kombinasie, dus moet die twee uitmekaar gehou word.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius, Venus en Jupiter beweeg deur jou teken, en dit stimuleer jou verbeelding en brei dit uit. Soek ’n kreatiewe projek waarin jy jou tande werklikwaar kan vasslaan.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Verhoudings met geliefdes gaan vandag onvoorspelbaar wees aangesien die planete sensitiewe emosies opklits. Jy is gretig om ander mense te help, maar moenie meer belowe as wat jy in die praktyk kan lewer nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Dit is hoog tyd dat uitgeslape Skerpioene die kollig gryp en jul professionele ambisies bevorder. Julle werk hard om jul doel te bereik, maar moenie jul huislewe in die proses afskeep nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy voel vrygewig aangesien jou vriendelike geaardheid positiewe mense na jou wêreld toe lok. Moenie jou internasionale kontakte afskeep nie. As jy geduld beoefen, sal jy eindelik ryklik beloon word.

STEENBOK. 22 Des.-20 Jan.

Moenie ongewone, nuwe maniere van dinge doen afskryf of kritiseer nie. As jy uit jou groef kom en na ’n innoverende, nuwe plek beweeg, sal jy die oplossing vir ’n dreigende probleem vind.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die maan is in die Weegskaal, dus is die fokus op ander mense. Jou motto vir die dag kom van jou mede-Waterdraer Ellen DeGeneres: “My motto is: ‘Wees goed vir mekaar’ en ek probeer elke dag om dit te doen.”

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is gretig om vandag bedrywig te wees terwyl jy opwindende nuwe moontlikhede vir die toekoms uitdink. Onderdruk die drang om spandabel met geld en roekeloos met krediet te wees.