JOU DAG

Die sterre bevoordeel passie en krag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n rustelose mens, maar maak seker dat jy doelgerig vooruitbeweeg. As jy wegskram van ferm besluite, gaan jy eenvoudig deur die komende jaar dryf.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Wedywerende Ram, jy het die krag en vermoë om vandag met verhoudings- en werkverantwoordelikhede te toor. As jy werk soek, is dit ’n bemoedigende tyd om voelers uit te steek.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Hoe meer moeite jy doen om jou doelwitte te formuleer en jou aspirasies bekend te maak, hoe meer sukses sal jy behaal. Moet ook nie die sosiale media uit die oog verloor nie.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy het die mag om jou daaglikse werklikheid te verander – of te verbeter. Dit gaan wel energie, doelgerigtheid, passie en sterk geloof in jouself verg. Geen verskonings nie, Tweeling, dis tyd om die daad by die woord te voeg!

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Is daar ’n verhouding in jou lewe wat probleme het? Die tyd is nou geleë om dit ten goede te verander. Wees dus dapper en klaar dinge op. Dan kan julle albei aangaan met jul lewe.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Met die komplimente van die Son en Pluto, is jy in die bui om passievol, proaktief en sterk te wees. Moet dus nie ’n enkele waardevolle oomblik verkwis nie – benut alle kreatiewe persoonlike krag ten volle en ten goede.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jou lewendige verstand is uitgehonger vir ’n stimulerende oefensessie. Dit is dus ’n uitstekende dag om ’n kriptiese blokraai aan te pak, ’n potjie skaak te speel, jou in ’n avontuur te begeef of iets nuuts te beproef.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Wat geldsake betref, maak seker dat jy duidelik met ander kommunikeer oor jou verwagtings, veral gesinslede. En moenie die verskoning maak dat jy jou persoonlike oortuigings volg nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Vandag kan jy ’n produktiewe en kragtige kommunikasie verwag, Skerpioen, persoonlik, sowel as aanlyn. Die tyd is daarom perfek om met ander kontak te maak en deel te neem aan ernstige en diepliggende gesprekke.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Vandag sal baie gladder verloop as jy strategies agter die skerms werk, waarnemings maak en die krag agter die troon is. Sommige slim Boogskutters sal met ’n belowende finansiële plan vorendag kom.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

As jy met kollegas, kliënte, kopers of algemene vriende te doen kry, is jy vandag in beheer van sake, Steenbok! Jou geheime wapen is om in jouself te glo en die netwerk soos ’n ware professioneel te gebruik.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

As jy jou die tyd en ruimte gun om te dagdroom en te visualiseer, sal jy met ’n kreatiewe oplossing vir ’n drukkende probleem vorendag kom. Laat jou onderbewussyn die werk doen.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Is jy gefrustreer omdat jou verwagtings en drome nie waar wil word nie? Hou op omstandighede en ander verkwalik! Besef jy het die krag om jou drome te verwesenlik.

© Joanne Madeline Moore