Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Doen jou bes om ’n negatiewe dag in ’n positiewe een te omskep.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is sensitief en sorgsaam en geneig om te onttrek van ander. 2016 is die jaar om die balans tussen werk, gesinsverantwoordelikhede en ontspan reg te kry.

RAM 21 Maart – 20 April

Met Mars tans in die haastige Boogskutter is Ramme reg vir aksie, maar impulsiwiteit kan jou vandag in die pekel laat beland! Vat dinge stadig en gee jou familie en vriende kans om jou in te haal.

BUL 21 April – 21 Mei

Daar is tans baie aan die gang en ander gaan dalk jou probeer aanjaag. Vat jou tyd, Bul. Met jou rustige pas kan jy ’n ongelooflike hoeveelheid goed gedoen kry, op jou eie spesiale manier.

TWEELING 22 Mei - 21 Junie

Hang jy altyd met dieselfde portuurgroep uit? Vandag se sterre moedig jou aan om jou vriendekring uit te brei om ’n lekker boheemse groepie, op beroeps- en sosiale vlak, in te sluit.

KREEF 22 Junie – 23 Julie

’n Vriend of kollega wil vinnig voortgaan met ’n projek, maar jy het meer tyd nodig. Vat dit rustig anders gaan jy dalk in ’n rigting wat jy nie regtig wil gaan nie.

LEEU 24 Julie – 23 Aug

Hoe meer jy by ander aanklop om raad en met hulle saamwerk, hoe beter sal die dag wees. Dis ook ’n goeie tyd om jou bui en motiveringsvlakke met voedsame kos en verfrissende oefening te verander.

MAAGD 24 Aug – 23 Sep

Maagde hou daarvan om nuttig te voel. Jy is gretig om vandag ander te help, maar moenie meer belowe as wat jy kan doen nie. As jy dit doen, kan jy dalk gejaagd, gestres en oorwerk voel.

WEEGSKAAL 24 Sep – 23 Okt

Enkellopendes, daar is ’n kans op liefde met iemand wat nie gewoonlik jou tipe is nie. Weegskale in verhoudings, dis die volmaakte tyd om jou gemaksone te verlaat en iets heeltemal anders met jou maat te doen.

SKERPIOEN 24 Okt – 22 Nov

Positiewe aspekte in die Son/Pluto sorg vir ’n dag van diep denke en transformatiewe aksies. Jy het ook die mag om ander met jou kreatiewe insigtige, in persoon en aanlyn, te inspireer.

BOOGSKUTTER 23 Nov – 21 Des

Mars is nou in jou teken, wat jou geneigdheid tot genotsugtigheid aanmoedig. Weerstaan die drang om te ooreet, te veel geld uit te gee en te oorreageer. Dis ’n gunstige tyd vir vriendskappe en jou bande met bure.

STEENBOK 22 Des - 20 Jan

Jou energievlakke is vandag hoog. Probeer stoom afblaas met sport of ander liggaamlike oefening. Onanaktiewe Steenbokke kan afwen en ontspan met ’n strelende massering.

WATERDRAER 21 Jan - 19 Feb

As geld op die oomblik skraps is, moet jy uitkyk vir maniere om jou kontantvloei ’n hupstoot te gee. Maar moenie meegevoer raak deur dolle fantasievlugte wat nie in die werklikheid geanker is nie.

VISSE 20 Feb - 2 Mrt

Dis ’n wonderlike dag om te eksperimenteer – veral in ’n groepsituasie. Moenie bang wees om by die werk die inisiatief te neem nie. En gee aandag aan jou drome. Probeer dit dalk vir jou iets sê?