JOU DAG

Jou frustrasievlakke is hoog. Vat dit stadig.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is op die diereriem se dag van individualiteit gebore en het jou eie, hoogs ontwikkelde styl. In 2016 moet jy meer aan sosiale aktiwitetie in jou plaaslike gemeenskap deelneem.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Dis nooit ’n goeie idee om skuldgevoel of emosionele omkopery te gebruik om te kry wat jy wil hê nie – veral nie vandag nie. As jy dit doen, kan jy verwag dat ander met hul eie manipulerende gedrag sal antwoord.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jou werk sal vandag uitdagend wees. Maak dus seker jy gee aandag aan fyn besonderhede. Jy voel dalk gespanne, maar moenie gerus wees voor jy al jou werk afgehandel het nie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Geldkwessies kan opduik en woede of gebelgdheid veroorsaak. As iemand anders by jou persoonlike of professionele geldsake betrokke is, moet jy die kommunikasiekanale oop hou.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Vertroue is tans ’n belangrike kwessie in ’n romantiese of platoniese verhouding. Weerstaan die versoeking om wrokke te koester en koppig te wees. Vergewe en vergeet.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy kan vandag tuis of by die werk teenkanting verwag. Moenie met woede reageer of in magstryde betrokke raak nie. Vind liewer fisieke maniere om van opgekropte gevoelens ontslae te raak.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jy voel dalk verward en kan te hard op jouself wees. Jy het baie hooi op jou vurk, maar moenie verwag dat geliefdes vandag behulpsaam sal wees nie. Hulle het hul eie probleme.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jy kan verwag om koppe te stamp met ’n gesinslid wat hulself wil laat geld. Moenie oorreageer nie, maar moet ook nie toelaat dat hulle oor jou loop nie. Dis tyd dat die ontspanne Weegskaal ferm sowel as buigsaam is.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy het skielike begeertes en jou besitlike kant neem oor. As jy jou geliefdes te naby jou wil hou, sal hulle van jou probeer wegkom.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy sien ’n stryery aankom met iemand wie se waardes anders as joune is. Probeer om jouself met takt en diplomasie uit die situasie te kry.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Ingewikkelde sake veroorsaak dat dit ’n veeleisende, uitdagende dag is. Ander kan jou gesag en motiewe bevraagteken. As jy op jou werk bly fokus, sal dit gou oorwaai.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Voel jy voos en gefrustreerd? Moenie die mense om jou blameer as sake deurmekaarloop nie. Die enigste mens wat tans jou pogings saboteer is jy!

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Vat vandag die lekker saam met die sleg in verhoudings, maar moenie toelaat dat mense oor jou loop nie. Staan jou man en wys hulle die Vis kan soms terugbyt!