JOU DAG 

Die maansverduistering verlig die Waterdraer, dus moet jy iets uitdagend anders doen.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is gevat en komies as jy in die luim is daarvoor. Hou jou stresvlakke in die komende jaar dop en moet jou nie van jou familie en vriende afsonder nie.
 

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme is sosiale kreature, en jou huidige portuurgroep is onvas.  ’n Vriendskap kan oor die volgende maand skielik beëindig word – as gevolg van die maansverduistering – terwyl ’n nuwe een op ’n onverwagte manier kan ontwikkel.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Maak jy die meeste van die professionele geleenthede wat jou tans omring, Bul?  Die maansverduistering verlig jou loopbaansone, dus moet jy daarna streef om aan ander mense te wys waartoe jy werklik in staat is.
 

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Moenie aanneem jy weet wat ander mense dink en voel op hierdie van-lotjie-getikte maansverduisteringsdag nie.  Jy kan dalk die bal heeltemal mis slaan.  As jy nie seker is van hul motiewe nie, moet jy nie huiwer om om duidelikheid te vra nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy kan die volgende 24 uur moontlik geestelik en emosioneel onvas voel.  Boonop kan ’n geldsituasie of sake-aangeleentheid ’n  onverwagte rigting inslaan. Hou dus jou aanpasbaarheidspiere goed geoefen!
 

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Is daar ’n toutrekkery tussen jou en ’n geliefde?  Soek jy meer vryheid, terwyl hy/sy smag na meer van jou aandag? Die enigste bevredigende oplossing is om te kompromitteer en hom/haar halfpad tegemoet te kom.
 

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Verwag vandag die onverwagte. Veral wat persoonlike projekte, kollegas of huishoudelike aangeleenthede betref. Jy sal vind dat hoe meer jy probeer om situasies te beheer, hoe meer chaoties gaan die volgende 24 uur wees.
 

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy soek stabiliteit by geliefdes maar dis die laaste ding wat jy gaan kry en dis te wyte aan die malle maansverduistering. ’n Doelwit of droom is ook onseker terwyl jy by vining veranderende omstandighede aanpas.
 

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Terwyl jy verantwoordelikhede by die werk en gesinsaangeleenthede jongleer en almal probeer gelukkig maak, kan jy smeulende spanning verwag tussen jou professionele en persoonlike lewens. Markeer jou pas en hou aan met glimlag, Skerpioen!
 

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die maansverduistering aktiveer jou kommunikasiesone, dus is jy vandag gretig om met ’n groot verskeidenheid van mense te skakel. Poog ook om jou verwagtings en ambisies so groot, helder en aanskoulik moontlik te maak.
 

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy kan tans op geen manier aan finansiële druk ontsnap nie.  Ander mense mag jou dalk aanmoedig om risiko’s met jou swaarverdiende geld te waag. ’n Versigtige en konserwatiewe Steenbok-benadering is egter die beste beleid wat jy kan volg.
 

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Die maansverduistering in die Waterdraer verhoog jou roekelose geaardheid. Te veel haas kan egter lei tot ’n argument of ’n ongeluk, dus moet jy vandag die pas markeer. Die sterre bevoordeel gesprekke oor gesamentlike geldsake en gedeelde hulpbronne.
 

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die maansverduistering stimuleer jou geestelike sone, Vis. Bring dus gehaltetyd alleen deur waar jy kan mediteer, terugdink en herkou aan die plek waarheen jy op pad is.  En waar jy reeds was.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.