pisces-hg-w

JOU DAG

Streef vandag daarna om take georganiseerd af te handel.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie lief vir skoonheid en die natuur. Jy moet in 2017 jou doelwitte verfyn en hulle dan met passie en volharding nastreef.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy gaan vandag die geleentheid kry om ander mense op die een of ander manier te lei en/of te beïnvloed; maak seker jy gryp dit aan. Ander maak op jou staat om iets aan die hand te doen. Spring dus aan die werk, Ramme, en moet hulle nie teleurstel nie!

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Moenie vandag berge van molshope maak nie, Bul, en hou op stres oor iets wat nie werklik saak maak nie. Moet ook nie haastige besluite oor geld neem nie. Dink eers rustig daaroor na.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Kommunikasie, skryf, studeer, vorming van sosiale netwerke en groepsaktiwiteite word vandag belig. Probleme sal egter voortduur as jy nie na geliefdes en kolegas luister nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Moenie oppervlakkig wees en belangrike onderwerpe verdoesel wanneer jy met ander mense kommunikeer nie. Hoe dieper jy by familie, vriende en kollegas inskakel, hoe meer bevredigend gaan die dag wees.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Moenie jou vandag van mense afsonder nie. Hoe meer inklusief en aanpasbaar jy is, hoe beter sal die dag verloop. Jy sal vind jy sal heelwat verder kom wanneer jy ander mense prys as wanneer jy hulle kritiseer!

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Studie en navorsingswerk word beklemtoon, maar sorg dat jy nie by ’n lang en ingewikkelde gesprek oor geld betrek word nie. Gesamentlike geldsake is tans ’n slagveld; vermy dus liewer die onderwerp.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Verbonde Weegskale, luister na jul maats. Enkellopendes, jy gaan beslis nie jou sielsgenoot ontmoet as jy gedurig by die huis rondhang nie. Kry dus kreatiewe maniere om rond te beweeg, te sosialiseer en te adverteer, persoonlik en aanlyn.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die spandabele Saturnus drentel deur jou geldsone; raak dus ontslae van enige idee om ’n inkopietog te onderneem. Dit is beslis tyd dat jy korttermyngiere met langtermynstrategieë vervang.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Is jy superkrities oor jou voorkoms? Onthou, volmaaktheid is ’n doelwit, nie ’n bestemming nie. En die huidige standaarde vir skoonheid wat die massamedia uitbeeld, is meer fantasie as werklikheid.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Moenie in ’n groef verval oor kwessies rakende die werk of die huis nie.

Jy kan huidige probleme op baie verskillende maniere benader, terwyl jy nuwe idees aangryp en kragtige, positiewe veranderings begin teweegbring.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Ruim gerus vandag tyd in om saam met familie en vriende deur te bring terwyl julle sommer oor alles en nog wat gesels. Sorg net dat jy nie by ’n stresvolle en verwarrende gesprek oor kinders of sake van die dag betrek word nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy het baie om tot ’n groepsituasie by te dra; dus moet jy nie huiwer om jou mening te lug nie. Saturnus eis uiters hoë standaarde; daarom lyk dit asof werk spanningsvol kan wees. Moet jou nie ooreis nie en kry genoeg rus.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017