JOU DAG

Vandag se sterre is voordelig vir die liefde, kreatiwiteit en geld.

AS JY VANDAG VERJAAR

Moenie jou van ander afsonder nie. Jy moet in die volgende 12 maande ’n bydrae lewer om die wêreld beter te maak. Namate jy uitreik na ander, sal jou persoonlike lewe beter word.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme kan soms taamlik selfbehep raak. Vandag se sterre herinner jou daaraan daar is heelwat pret en plesier in jou eie buurt te vinde. Ruim dus tyd in om plaaslik met ’n paar eendersdenkende siele kontak te maak.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Verveling is vandag buite die kwessie vir Bulle terwyl julle meer betekenis in jul lewe soek. Ander sal penorent sit en kennis neem van jul standpunte; dus moet julle seker maak jul uitlatings het sin.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Oorspronklike gedagtes en kreatiewe idees kan enige oomblik opduik; dus moet jy jou foon, tablet, skootrekenaar, pen en papier of verfkwaste binne maklike bereik hou. Niemand is beter met kreatiewe kommunikasie as jy nie!

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Keer vandag negatiwiteit die rug toe, Kreef! Skakel liewer in by mense en plekke wat jou laat goed voel oor jouself. Die tyd is ook geleë om jou kommunikasievaardighede op te skerp.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Skep diep asem en grawe jou kreatiewe talente uit terwyl jy jou prestasie met vertroue en heelwat voortvarendheid adverteer. As jy nie in jouself glo nie, hoekom sal enigiemand anders?

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Is jy vasgevang in ’n versmorende groef? Die klem val vandag op jou beroep, Maagd, en jy sal besef ’n kreatiewe en samewerkende benadering sal beroepsake in ’n goeie, nuwe rigting stuur.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy is vandag in die luim vir pret, avontuur en opwinding, Weegskaal; dus moet jy alles in jou vermoë doen om jou normale roetine te verbreek. Studie, lees, buitemuurse aktiwiteite en internasionale kontakte word ook bevoordeel.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Is jy oorwerk en het jy laat nagte agter die rug, Skerpioen? Vandag se sterre is voordelig vir ’n blaaskans om jou pap batterye te herlaai terwyl jy besin oor jou lewe en die rigting wat dit inslaan.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Met dié dat die vredemaker Venus jou vennootskapsone besoek, moet jy alles in jou vermoë doen om meer harmonie te skep in jou intieme verhouding. Enkellopendes, flankeer met ’n sensuele Leeu of ’n gesellige Tweeling.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Kan jy ’n geheim bewaar, Steenbok? Jy is gewoonlik baie taktvol, maar iemand gaan jou dalk probeer oortuig om inligting bekend te maak wat liewer privaat gehou moet word. Weerstaan die versoeking met ’n grasieuse glimlag om oop kaarte te speel.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy kan vandag ’n paar interessante insae verwag, veral wat ’n verhouding met ’n kind, tiener of hegte vriend(in) betref. Dit is ook ’n uitstekende dag om jou kreatiewe vlerke in uiteenlopende nuwe rigtings te sprei.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Hopelik is oos wes, tuis bes ’n aangename plek om te wees terwyl die son en Venus jou huislike sone besoek. Daarom is die tyd geleë om saam met gesinslede te kuier of iets moois vir jou huis te koop.