JOU DAG

Streef vandag daarna om op ’n emosionele vlak met ander te skakel.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is romanties en verbeeldingryk en hou van pret. Handhaaf aanstaande jaar ’n balans tussen aan die een kant kordaat en avontuurlik wees en aan die ander kant kalm en hulpvaardig wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Dinge sal intenser raak voor die dag aanstap. Moenie toelaat dat onvoorspelbare buie jou van familie en vriende vervreem nie. Samewerking en bedagsaamheid gaan jou aansienlik verder bring as opvlieënde vuurwerke.

BUL 21 Ap.-21 Mei

Moenie eens probeer om ’n tweede raaiskoot te waag oor die bui van ’n tiener, ouer of pel nie. As jy ’n idee wil kry van wat aangaan, moet jy dapper genoeg wees om te vra. Weerstaan egter die drang om besitlik of jaloers te wees.

TWEELING 21 Mei-21 Jun.

Moenie uitstel nie. Bepaal jou aandag by daaglikse roetinetake wat gedoen moet word. Dan sal jy op die ou end meer tyd hê vir sosiaal verkeer, sport, stokperdjies of kreatiewe projekte.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Oop kommunikasie en vriendelike gesprekke is die sleutel tot ’n bevredigende dag. ’n Ouer, kind of tiener kan teen die aand jou emosionele knoppies probeer druk, maar onderdruk die behoefte om terug te kap.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Dit is ’n wonderlike dag om die klein luukshede van oos, wes, tuis bes te geniet. Jou huidige motto kom van die sanger Freddie Mercury, wat op 5 September gebore is: “Ek hou daarvan om deur pragtige dinge omring te wees.”

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius, jou heerser, beweeg tot 22 September in trurat deur jou teken, dus moet jy dubbel seker maak van jou rooster en genoeg tyd inruim vir verkeersoponthoude, probleme met jou motor en chaos met jou rekenaar.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Daar kan vandag op jou gereken word om in ’n moeilike situasie die kalm stem van rede te wees. Put uit jou natuurlike diplomatiese talente terwyl jy die onstuimige waters laat bedaar en fronse platstryk.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Om ander die skuld te gee vir jou probleme, gaan jou nêrens bring nie. Draai liewer briek aan en gun jouself die tyd en ruimte om dinge uit ’n baie helderder en positiewer oogpunt te beskou.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy het reusagtige doelwitte vir die toekoms, maar het jy jou geliefdes by die planne ingesluit? As jy hulle in die visier hou, gaan dit uitloop op kreatiewe kruisbestuiwing en voordele vir almal.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Hoe meer jy jou kollegas steun en aanmoedig, hoe beter sal jou werkomgewing wees. Soek jy werk? Gebruik jou sosiale netwerk om betrekkings te vind nog voor dit geadverteer word.

WATERDRAER 21 Jan.-18 Feb.

Daar is dalk onsekerheid tussen jou persoonlike begeertes en jou verantwoordelikhede ten opsigte van jou verhouding, veral wat gesamentlike finansies betref. Streef daarna om die regte balans te kry tussen gee en neem.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Het jy professionele projekte nagejaag ten koste van ’n intieme verhouding? As jy te veel tyd aan jou werk afstaan, gaan jy met ’n knorrige maat of vriend/in te doen kry.