JOU DAG

Jy kan dinge vandag oordoen tot op die punt waar dit gevaarlik kan wees. Vat dinge vandag stadig.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het die mag om ander te beïnvloed. Maak seker jy doen dit op ’n positiewe manier. Maak gereelde ontspanning die komende jaar ’n integrale deel van jou daaglikse roetine.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy het groot planne, maar dis maklik om te praat. Jy wil geliefdes graag help, maar as jy te veel belowe en dit dan nie doen nie, sal jy almal net teleurstel.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die sterre plaas die fokus op sosialisering in persoon of kommunikasie met ander per telefoon of deur die internet. Jy is ingestel op die mense om jou, maar dink twee keer voor jy ongegronde skinderstories versprei.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy is lus om iets uitspattigs te koop – maak net seker jy kan dit bekostig. Om jouself verder in die skuld te dompel is ’n resep vir ’n ramp. Jy kan pret hê, maar moenie jou geldelik uitroei nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

As jy ander ondersteun en deernisvol teenoor hulle is, sal jy op allerhande onwaarskynlike maniere die vrugte pluk. Jy is gretig om te help, maar moenie meer belowe as wat jy prakties kan hanteer nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Wees versigtig met geld, want jy is geneig om haastige aankope te doen suiwer om emosionele redes. Moenie toelaat dat ’n vriend jou ompraat om iets te koop wat jy regtig nie kan bekostig nie.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jy is in die bui om navorsing en ondersoek te doen en sit jou speurhoed op of gryp jou vergrootglas. Die kollig is op jou in ’n groepsituasie – maak seker jy kwyt jou goed van jou taak.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Mercurius beweeg agteruit deur jou teken en dit kan beteken jy is luier of meer geneig om dinge te oordoen. Dis in orde om te ontspan en pret te hê solank jy dringende werk en belangrike take eerste afhandel.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Kompulsiewe denke of gedrag is vandag gevaarlik. Jy kwel jou oor ’n situasie by die werk of oor ’n naby verhouding. Vermy dit om ’n besluit te neem, want jy het nog nie al die relevante inligting nie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy voel asof jy van beperkings wil wegbreek. Moet dus nie vaste planne maak nie. Jy voel dalk vandag jy moet iets uitspattigs koop, maar dit sal sy glans binne ’n paar weke verloor.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Los vandag jou perfeksionisme by die huis. Dis baie meer produktief om ander te prys as om hulle te kritiseer. As jy traag voel, sal jy vind besielende fisieke oefening laat jou opgewek voel.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Selfbeheersing is vandag nodig terwyl ander jou uitdaag om anders te dink – veral by die werk. Verdedig jou mening, maar doen dit so professioneel en beleefd moontlik.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jou huis is waar jou hart is, maar wees ekstra taktvol teenoor ’n vriend, tiener of kind. Weerstaan die drang om onverskillig met kontant of krediet te wees. Jou geldelike situasie is dalk nie so seker as wat jy dink nie.