JOU DAG
Mars gaan die emosionele sfeer van die Kreef binne en dit vuur gevoelens aan.


AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is slim en pittig, maar jy kan ook traak-my-nie-agtig wees. Dit is die jaar om spontaniteit met aandag aan besonderhede te balanseer.


RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Klits jou daaglikse roetine op. Mars, jou heerserplaneet, moedig jou aan om meer proaktief te wees rakende huishoudelike kwessies, gesinsverhoudings en sleurwerkies tuis.


BUL, 21 Apr.-21 Mei
Die magtige Mars beweeg tans deur jou kommunikasiesone. Motivering is buitengewoon hoog terwyl jy kreatiewe idees aanvoor en jou boodskap persoonlik, sowel as aanlyn, aan die wêreld oordra.


TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Moenie jou kop in die sand steek wat geld betref nie. Mars moedig jou aan om proaktief te wees rakende jou geldsake. Probeer om dinamiese, nuwe maniere te vind om minder geld te bestee en jou kontantvloei te versterk.


KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Mars aktiveer jou teken. Probeer om goedhartiger en meer meelewend te wees terwyl jy idees voorstel, passieprojekte van stapel stuur en vooruitgang maak in kreatiewe, nuwe rigtings.


LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Mars is in jou intuïsiesone. Jou verbeelding- en introspektiewe sy word belig. Maak seker jy kanaliseer jou energie na kreatiewe projekte of geestelike sake, veral meditasie.


MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Groepaktiwiteite, die sosiale media en netwerkvorming lyk gunstig. Dit is ’n goeie tyd om met kreatiewe mense in aanraking te kom en jou persoonlike toekomsdrome met eendersdenkende vriende te deel.


WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Die proaktiewe Mars jaag deur jou professionele en reputasiesone, dus gaan jy op die een of ander wyse in die openbare oog wees. Hou op om ’n muurblommetjie te wees en maak seker jy lewer ’n puik vertoning.


SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Mars, die aksieplaneet, aktiveer jou avontuursone. Begin solank besluit waarheen jy vir jou volgende vakansie wil gaan. Iewers naby water – waar jy kan swem, branders ry of snorkel – sal volmaak wees.


BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Mars stimuleer jou intimiteitsone. Kry geskikte sensuele uitlaatkleppe vir jou vurige drange. Die kollig val vir sommige Boogskutters op gesamentlike geldsake.


STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Die magtige Mars moedig jou aan om meer tyd te bestee aan die koestering van intieme verhoudings. Weerstaan die drang om met ’n geliefde of ’n sakevennoot by sinlose rusies betrokke te raak.


WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 
Spring op van jou gemaklike rusbank af en werk aan jou lyf. Volg ’n gesonder dieet en ’n meer dinamiese oefenroetine en raak proaktief wat die verbetering van jou gesondheid en fiksheid betref.


VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Mars moedig jou aan om liefde te soek en meer kreatief te wees. Probeer om in die volgende weke jou innerlike muse op romantiese, kunstige en dapper maniere uit te druk.


Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017