Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Die sterre lyk gunstig vir emosionele positiwiteit en proaktiwiteit.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy haat dit wanneer iemand anders jou aansê wat om te doen. Jy moet in 2017 die balans probeer handhaaf tussen persoonlike vryheid en bevredigende verhoudings.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Groepaktiwiteite, spansport en sosiale netwerkvorming lyk gunstig. Jy kom op ’n verskeidenheid stimulerende maniere met ander mense in verbinding. Jy kan ook emosioneel verward voel; dus moet jy probeer om nie te oorreageer nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Wat werk betref, kan jy ’n besige en ietwat verwarrende dag verwag. Jy sal op ’n kalm en beheersde manier enige probleme deurwerk indien jy geduldig en begrypend is.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Is jy gretig om nuwe grense saam met jou maat of ’n intieme vriend te verken? Hoekom nie binnekort ’n kampeerwegbreek reël of iets navors waarin julle albei belangstel nie?

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Verwag vandag ’n emosionele tuimeltreinrit, aangesien die planete jou energie gee en onvoorspelbare buie opklits. Moenie belangrike besluite neem voor jy nie meer verstandig en bedaard voel nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

’n Geliefde kan julle dalk vandag verras deur ’n onverwagte skuif te maak. Jou eerste reaksie is in hierdie geval moontlik die beste een, solank jy net eerlik sê wat werklik in jou gedagtes is.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Wat ’n intieme vriendskap of ’n finansiële vennootskap betref, is die situasie tans vloeibaar. Moet dus nie tyd mors met bekommernis oor die rigting wat dinge inslaan nie; dit verander gedurig.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Was jy te besig om saam met ou vriende te kuier? Dit is hoog tyd om weer met eendersdenkende mense in jou plaaslike gemeenskap in verbinding te tree. Verwag dat ’n geliefde vandag rusteloos en rebels sal wees.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Soek kreatiewe maniere om hulp te verleen in jou plaaslike gemeenskap. Moenie probeer om jou idees op ander mense af te dwing nie. Jy sal meer sukses behaal wanneer jy op ’n subtiele wyse deur jou voorbeeld leiding neem.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy is vandag in die bui om ander mense te help. Moenie die krag van netwerkvorming onderskat om jou bloot te stel aan opwindende nuwe vriendskappe, sakegeleenthede of internasionale kontakte nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

As jy vandag ander mense bystaan, sal dit nie soos sleurwerk voel nie. Onthou, terwyl jy ander mense help wat in nood verkeer, help jy ook jouself. Indien jy buigsaam is, sal jou dag verrassend bevredigend eindig.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy het vandag ’n behoefte aan heelwat persoonlike vryheid en emosionele ruimte. Jy wil nie opgesluit voel nie. Dit is dus ’n goeie tyd om uit die huis of werkplek te kom en jou plaaslike gemeenskap te verken.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Mercurius, Venus en Pluto besoek jou verwagting- en versugtingsone, dus moet jy passievol proaktief wees oor jou doelwitte vir die toekoms. Moenie net daaroor droom nie. Tree op.

© Joanne Madeline Moore