JOU DAG

Die nuwemaan noop jou om take met nuwe ywer te benader.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die volgende 12 maande is volmaak om ’n entrepreneursprojek van stapel te stuur. Met ’n dinamiese en rustige benadering sal jy bevredigende vordering maak.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Dis tyd vir ’n heel nuwe huishoudelike hoofstuk met die nuwemaan wat die kollig op jou tuistesone plaas. Sommige Ramme sal verhuis, ’n nuwe huismaat verwelkom of ’n nuwe begin met ’n gespanne familielid maak.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Daar is ’n paar nuwe gesigte in jou buurt wat wag om jou te ontmoet. Maak vandag ’n plan om by jou gemeenskap in te skakel terwyl jy jou Bul-talente gebruik om bydraes op kreatiewe en praktiese maniere te lewer.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die nuwemaan skyn met ’n helder kollig op geldsake. As jou finansies in ’n gemors is, sal jy blitsig ’n paar fiskale tegnieke moet aanleer – hopelik onder leiding van ’n ervare professionele mens.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Met die nuwemaan in die Kreefteken, is dit die beste tyd van die jaar om jou fisieke voorkoms op te kikker; jou klerekas te vernuwe; jou geloofsoortuigings te hersien; ’n persoonlike projek van stapel te stuur of om aandag aan ’n wankelende verhouding te skenk.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die nuwemaan stimuleer jou sielesektor, dus moet jy ’n bietjie rem aandraai en nadink oor jou lewe en waarheen jy op pad is. Aktiwiteite soos musiek, meditasie, oorpeinsing, joga en tai chi lyk gunstig.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dis nou tyd om jou doelwitte en toekomsdrome te herformuleer, terwyl die nuwemaan jou hoop-en-wenssone aktiveer. Verwag egter aanhoudende frustrasies met ’n kind, tiener of vriend.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Weegskale is slim en bekwaam, maar is jy selfversekerd genoeg vir sukses op groot skaal? Die nuwemaan wakker jou beroepsone aan en jy gaan nie vooruitkom as jy tyd mors met bekommernis of as jy sloer nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die nuwemaan verhoog jou breinkrag en nuuskierigheid. Dit is tyd om te lees, na te vors of iets nuuts te leer. Die beplanning van jou volgende sakereis, vakansie of naweekuitstappie is ook ’n goeie idee.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

’n Vars, nuwe begin word aangedui, wat buitmakery of begeerte insluit, terwyl die nuwemaan jou gesamentlike finansies en intimiteitsone aktiveer. Dis ’n uitstekende tyd om ’n onderwerp wat nog altyd jou belangstelling geprikkel het, na te vors.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Steenbokpaartjies – die nuwemaan stimuleer jou verhoudingsone, dus is dit tyd om ’n bietjie vuur te maak onder ’n ietwat vaal verhouding. Enkellopendes – liefde en vreemde lande of kulture word nou verbind.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Raak skeppend. Verveeldheid is vandag taboe, aangesien jy na ongewone mense, plekke en aktiwiteite soek. Jy sal opwinding en briljante idees bo jou gewone daaglikse roetine verkies.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Romanse is in die lug. Verbonde Visse, soek vars, nuwe idees om sprankel aan jou verhouding te gee. Enkellopende Visse, moenie rondsit en wag vir liefde om in jou skoot te val nie. Jy moet proaktief wees.