JOU DAG

Mars beweeg in die Skerpioen-teken en maak jou meer gemotiveerd en vasbeslote.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie prakties, maar moenie toelaat dat jou uitkyk te rigied word nie. Jupiter spoor jou aan om in 2015 nuwe idees, konsepte, mense en plekke te verken.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Mars beweeg in jou intimiteitsone en as jy in ’n verhouding is, is dit tyd om fisiek en emosioneel nader aan jou maat te beweeg. Enkellopendes kan by ’n astrante Boogskutter of sexy Skerpioen liefde vind.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Met dinamiese Mars wat tot 6 Maart in jou verhoudingsone beweeg is dit die ideale tyd om proaktief te wees om jou naby verhoudings te verbeter – of dit nou ’n romantiese, platoniese of sakeverhouding is.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Dis tyd om jouself te motiveer om te dieet, gesond te leef en fiks te word terwyl Mars in jou welstandsone beweeg. Dit help om te begin met ’n sportsoort wat ’n sosiale komponent het as jy gereeld wil oefen.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die omstandighede is die volgende twee mande goed vir vriendskappe terwyl Mars jou portuurgroepsone aktiveer. Dis ook ’n goeie tyd om meer proaktief te wees om ’n ingewikkelde verhouding met ’n kind of tiener uit te sorteer.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Maak gereed vir werk tuis terwyl magtige Mars deur jou sone vir huishoudelike sake beweeg. Die volgende twee maande is ’n wonderlike tyd om daardie takies te takel wat jy bly uitstel het.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Kan jy meer in jou buurt doen? Dinamiese Mars motiveer jou om in jou gemeenskap betrokke te raak. Jy het ’n wye verskeidenheid talente om te bied.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Magtige Mars beweeg tot 6 Maart deur jou teken. Dit help jou om so gemotiveerd en proaktief te wees as wat die rustige Weegskaal kan. Geniet die energie-inspuiting so lank dit hou!

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Selfversekerde Mars beweeg elke twee jaar deur jou teken en vermeerder jou selfvertroue en motivering. Dis die ideale tyd om ’n uitdaging met baie passie en doelgerigtheid te aanvaar.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Mars skuif in jou sone vir afsondering in. Dit is dus belangrik om tyd vir selfondersoek in te ruim. Aktiwiteite soos meditasie, oordenking, joga en tai chi is positiewe maniere om die spirituele energie te kanaliseer.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Mars beweeg tot 6 Maart deur jou sone vir hoop en wense. Dit is dus baie belangirk om daarop te fokus om jou doelwitte en drome in iets tasbaar te omskep. Mars spoor jou aan om te doen wat jy sê.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Met Mars wat deur jou werksone beweeg, is die volgende twee maande die beste tyd om jou loopbaan aan die gang te kry en vinnig met professionele projekte te vorder. Die een wat eerste aan die gang kom, sal sukses behaal!

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Voel jy rusteloos? Droom jy die afgelope ruk oor buitelandse eksapades en eksotiese avonture? Die volgende twee maande is die beste tyd om ’n reis te onderneem met Mars wat jou aanspoor om meer te reis en verken.