JOU DAG

Kanaliseer jou energie na kreatiewe projekte en jy sal suksesvol wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met jou verjaardag op die diereriem se dag van inisiatief, is jy graag die leier. Julie en Augustus is die beste maande om verlief te raak, die jawoord te vra, te trou of jou huweliksbeloftes te hernieu.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Kry helderheid oor wat jy vandag gaan doen, anders gaan daar waarskynlik ’n magstryd of kwaai onderonsie wees. Kreatiewe samewerking sal jou verder bring as vurige konfrontasie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Vandag se koorsagtige energie sal jou nie aanstaan nie, aangesien familie en vriende jou probeer aanjaag en spoedige reaksie soek. Mik daarna om geduldig en prakties te wees, eerder as hardekwas en stadig.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Liefde en werk is ’n ingewikkelde kombinasie, hou dus kop. Vermy dit om ongegronde gerugte te versprei of om goed uit te blaker waaroor jy later gaan berou hê. Maak eers doodseker van die feite.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy is vandag op ’n emosionele tuimeltrein terwyl jy probeer om jou rondmalende buie die hoof te bied. Kreatiewe netwerkvorming sal jou ver bring as jy oor die internet met eendersdenkende siele, plaaslik en ver, kontak maak.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Reis, avonture en opleiding lyk gunstig. Jy brei jou kennis op opwindende maniere uit. Moenie net vol praatjies wees en niks doen nie; maak seker jy rugsteun jou kreatiewe idees met produktiewe projekte.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die fokus is weg van jou en op dié rondom jou. Dit is dus die volmaakte tyd om iets spesiaals te doen vir iemand wat jy bewonder – of dit nou ’n geliefde, familielid, intieme vriend of kollega is.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy het baie om oor na te dink, maar moenie belangrike besonderhede miskyk in die proses nie, veral as jy deur sosiale media kommunikeer. Neem tyd om alles goed te deurdink voor jy twiet, pos of stuur.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

As jy te sterk toenadering soek by ’n vriend of familielid, gaan jy hom net die skrik op die lyf jaag. Fokus liewer op dit wat julle gemeen het, terwyl jy die verhouding met gedeelde belangstellings opbou.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die magtige Mars storm deur jou teken. Dit verhoog jou onafhanklike aard en sit skop in jou impulsiwiteit. Probeer dus jou bes om spontaneïteit en intelligensie te kombineer.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy kan vandag ’n paar uitdagings te wagte wees, veral een wat ’n ingewikkelde saak uit jou verlede insluit. Met ’n aanpasbare benadering – en diplomatiese optrede – sal jy die sensitiewe saak uitstekend kan behartig.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Om kreatief en sensitief te wees, sal jou vandag ver bring. Daarteenoor, as jy oorhaastig raak oor ’n halfgebakte saak rakende geld, kan jy dalk later met ’n verwarrende finansiële situasie sit.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Vandag se sterre plaas jou vriendelike en deernisvolle geaardheid in die kollig. Kanaliseer jou energie na hulp aan ander en om van diens te wees vir iemand wat behoeftig is, anders gaan jy onrustig en deurmekaar voel.